Studie 7
|
|
DIE VERGUNNING VAN ONHEIL EN DIE VERWANTSKAP DAARVAN AAN GOD SE PLAN | – WAAROM
ONHEIL TOEGELAAT IS – REGTE EN VERKEERDE BEGINSELS – DIE MORELE BEGRIP – GOD HET ONHEIL TOEGELAAT EN SAL DIT GOEDHEIDSONTHALWE OORWIN – GOD IS NIE DIE SKEPPER VAN SONDE NIE – ADAM SE BEPROEWING WAS NIE ‘N KLUGSPEL NIE – SY VERSOEKING WAS ERG – HY HET MOEDSWILLIG GESONDIG – DIE STRAF VIR SONDE IS NIE ONBILLIK NIE, OOK NIE TE STRAF NIE – DIE WYSHEID, LIEFDE EN GEREGTIGHEID WAT DEUR DIE VEROORDELING VAN ALMAL IN ADAM TEN TOON GESTEL IS – GOD SE WET IS UNIVERSEEL. |
|
Waarom het God die huidige heerskappy van onheil toegelaat?
Onheil is
dit wat verdriet veroorsaak, en enigiets wat óf direk óf verlangs lyding
van enige aard veroorsaak – Webster. Waarom het God die huidige heerskappy van onheil toegelaat?
|
The
permission of evil is designed to work out a greater good a lasting and valuable lesson.
|
Die moeilikheid ontstaan ongetwyfeld uit ‘n onvermoë om God se plan te begryp. God kon die intog van sonde gekeer het, maar die feit dat Hy dit nie gedoen het nie behoort genoegsame bewys vir ons te wees dat die huidige toelating daarvan bedoel is om uiteindelik ‘n grote voordeel te bewerkstellig. God se planne, in hulle volmaaktheid beskou, sal die wysheid van die pad wat gevolg is, bewys. Sommige vra, ”Kon God, by Wie alle dinge moontlik is, nie betyds ingetree het om die volle vervulling van Satan se planne te keer nie?” Ongetwyfeld kon Hy, maar sulke inmenging sou die volbringing van Sy eie doeleindes gedwarsboom het. Sy doeleinde was om die volmaaktheid, majesteit en regverdige gesag van Sy wet te manifesteer, en aan beide die mensdom en die engele die gevolge van die skending daarvan te bewys. Buitendien, uiteraard is sekere dinge selfs vir God onmoontlik Soos die Skrifte verklaar,
Hy kan nie iets verkeerds doen nie, en daarom kon Hy niks anders as die mees wys en beste plan gekies het waardeur Sy skepsels in die lewe gebring is nie, alhoewel ons kortsigtige insig vir ‘n rukkie daarin gefaal het om die verborge bronne van oneindige wysheid te onderskei. |
|
"For
thou art not a God that hath pleasure in wickedness..." Psalms 5:4
Though opposed to evil, God does permit it. |
Die Skrifte verklaar dat alle dinge vir God se genot geskape is (Openb.4:11 – Afrikaans het ”en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.“). Sonder twyfel is alles geskape vir die genot om Sy seëning te kan uitstort, en die beoefening van die eienskappe van Sy Heerlike wese. En alhoewel Hy, in die bewerking van Sy weldadige planne, die onheil en boosdoeners toelaat om ‘n aktiewe rol te speel, tog is dit nie ter voordeel van die onheil nie. Dit is ook nie omdat Hy kop in een mus met sonde is nie, want Hy verklaar dat Hy
Alhoewel Hy in alle opsigte teen sonde gekant is, duld God (d.w.s. hy verhinder dit nie) dit vir ‘n periode, omdat Sy wysheid ‘n manier sien waarop dit ‘n duursame en waardevolle les vir Sy skepsels kan wees. |
|
"Good"
and "Evil" are the results of right and wrong principles in action. |
Dit is vanselfsprekend dat vir elke opregte beginsel daar ‘n ooreenstemmende verkeerde beginsel is. Wanneer hulle in aksie geplaas word, kan ons tussen hierdie teenoorgestelde beginsels as reg en verkeerd onderskei. Die beginsel wat, wanneer dit uitgeoefen word, dit voordelig is, en die vrug van fundamentele order, harmonie en geluk dra, noem ons ‘n regte beginsel. Die teenoorgestelde, wat tweedrag, ongelukkigheid en vernietiging veroorsaak, noem ons ‘n verkeerde beginsel. Die gevolge van hierdie beginsels in aksie noem ons goed en kwaad (goeie, slegte ; heil, onheil). Die verstandige wese, wat by magte is om tussen regte en verkeerde beginsels te kan onderskei, en vrywilliglik deur een of die ander beheer word, noem ons deugsaam of sondig. |
|
God did not
Why didnt God limit mans experience? |
Die gawe om tussen regte en verkeerde beginsels te kan onderskei, word die morele sintuig of gewete genoem. Dit is deur hierdie morele sintuig wat God aan die mensdom gegee het dat ons vir God kan beoordeel en erken dat Hy goed is. Dit is op hierdie morele sintuig wat God altyd beroep doen om Sy regverdigheid of geregtigheid te bewys. Deur dieselfde morele sintuig kon Adam besef dat sonde of ongeregtigheid boos is, selfs voor hy al die gevolge geken het. Die lae range van God se skepsels word nie met hierdie morele sintuig begiftig nie. ‘n Hond het ‘n mate van verstand, maar nie tot hierdie vlak nie, alhoewel hy mag leer dat sekere optredes goedkeuring en beloning van sy meester bring, terwyl ander sy afkeuring sal meebring. Hy mag steel of doodmaak, maar hy sal nie ‘n sondaar genoem word nie. Hy mag eiendom en lewens bewaar, maar hy sal nie deugsaam genoem word nie. Die rede is dat hy oor die morele gehalte van sy optrede onkundig is. |
|
God permitted man to experience the exceeding sinfulness of sin.
Only
Liberty |
God kon die mensdom gemaak het sodat hy verstoke was van die vermoë om tussen goed en kwaad te onderskei, of bevoeg om net reg te kan onderskei en doen. Maar, om hom so te gemaak het sou beteken dat hy maar net ‘n lewende masjien sou gewees het, en sekerlik nie ‘n geestelike beeld van sy Skepper nie. Hy kon ook vir hom volmaak en ‘n vryskut gemaak het, soos wat Hy wel gedoen het, en hom van Satan se versoeking beskerm het. In dié geval, omdat die mens se ervaring tot goed beperk sou wees, sou hy aanhoudend die teiken wees vir bose voorstelle van buite, of ambisies van binne. Dit sou die ewige toekoms onseker gemaak het, met die gevolg dat ‘n uitbarsting ongehoorsaamheid en wanorder altyd ‘n moontlikheid sou wees. Buitendien, goed kan alleenlik in kontras met onheil, in sy eie reg waardeer word. God het in die begin Sy skepsels met goed bekend gemaak, en hulle daarmee in Eden omsingel. Daarna, as ‘n boete vir hulle ongehoorsaamheid, het Hy vir hulle ‘n strawwe kennis van onheil gegee. Uit die tuin uitgesit, en hulle geselskap met God ontneem, is hulle deur God toegelaat om siekte, pyn, en die dood te ervaar, sodat hulle tot in die ewigheid die onheil mag ken asook die onraadsaamheid en uitermatige sondigheid van sonde. Deur vergelyking van gevolge het hulle tot ‘n waardering en gepaste skatting van albei;
Hulle nageslag deel hierin, behalwe dat hulle eers hulle kennis van goed en kwaad ontvang, en kan nie ten volle besef wat goed is nie totdat hulle dit, as gevolg van hulle verlossing deur Hom wat dan hulle Regter en Koning gaan wees, in die Millennium ervaar. |
|
God
desires intelligent and willing obedience, rather than ignorant, mechanical service. |
Die morele sintuig, of oordeel tussen reg en verkeerd, en die vryheid om daarvan gebruik te maak, wat Adam besit het, was belangrike eienskappe van sy gelykenis aan God. Die wet van reg en verkeerd is in sy natuurlike saamstelling geskrewe. Dit was deel van sy natuur, net soos dit deel van die Goddelike natuur is. Maar laat ons nie vergeet nie dat hierdie beeld van, of gelykenis aan, God, hierdie oorspronklik wetsgeskrewe natuur van die mens, het baie van sy helder omlyning verloor. Dit is deur die uitwissende en vernederende invloed van sonde. Daarom is dit nie nou wat dit in die eerste man was nie. Die vermoë om lief te hê impliseer die vermoë om te haat. Daarom mag ons redeneer dat die Skepper nie die mens na Sy eie beeld kon skape nie, met die mag om lief te hê en reg te doen, sonder die ooreenstemmende vermoë om te haat en verkeerd te doen nie. Hierdie vryheid van keuse, wat vrye morele bemiddeling, of vrye wil, genoem word, is deel van die mensdom se oorspronklike bemaking. Hierdie, saam met die volle mate van sy geestelik en morele geskikthede, het hom ‘n beeld van sy Skepper gemaak. Vandag, na sesduisend jaar van verlaging, is soveel van die oorspronklike ooreenkoms is deur sonde verwyder dat ons nie vry is nie omdat ons tot ‘n groter of mindere mate deur sonde en sy uitvloeisels gebind is. Die gevolg is sonde nou, aan die gevalle ras, makliker en dus meer welgevallig as regverdigheid is. |
|
Ons mag nie twyfel nie dat God aan Adam so ‘n helder beeld van die menigte bose gevolge van sonde kon gegee het dat dit vir Adam daarvan sou afgeskrik het. Maar ons glo dat God vooruitgesien het dat ‘n werklike ervaring van die boosheid die sekerste en voortdurendste les sou wees om die mens vir ewig te dien. Om dié rede het God die mens nie verbied om sy keuse te maak nie, maar het hom toegelaat om sy keuse te maak en die gevolge van die boosheid te voel. As die geleentheid om te sondig nie aangebied is nie, kon die mens dit nie weerstaan het nie, en gevolglik sou daar geen meriete of verdienste in sy weldade gewees het nie. God soek sulke om Hom in Gees en in waarheid te aanbid. Hy begeer verstandig en vrywillige gehoorsaamheid, eerder as onkundig en outomatiese diens. Hy het alreeds onbesielde en outomatiese instellings wat besig was om Sy wil te vervul, maar Sy plan was om iets meer edel te maak, ‘n verstandige skepsel na Sy eie beeld, ‘n heerser vir die aarde, wie se getrouheid en regverdigheid op die waardering van reg en verkeerd, goed en kwaad, gebaseer sou wees. Die beginsels van reg en verkeerd, as beginsels, het altyd bestaan, en moet altyd bestaan; en alle volmaakte, verstandige skepsels in God se gelykenis moet vry wees om enigeen te kies, maar alleenlik die regte beginsel sal vir ewig aangaan om aktief te wees. Die Skrifte lig ons in dat wanneer die bedrywigheid van die bose beginsel lank genoeg toegelaat is om God se doel te vervul, sal dit vir ewig ophou om aktief te wees, en almal wat aanhou om daaraan te onderwerp sal vir ewig vernietig word (1 Kor.15:25,26; Heb.2:14). Die doen van wat reg is, en die regdoeners sal vir ewig duur. |
||
Four
avenues of knowledge: 1. Intuition 2. Observation 3. Experience 4. Information
|
Maar die vraag word op ‘n ander wyse herhaal: Kon die mensdom nie op ‘n wyse anders as ondervinding, aan die onheil bekendgestel word nie? Daar is vier maniere om dinge te weet, naamlik, deur intuïsie, deur waarneming, deur ervaring en deur inligting wat van bronne ontvang is wat as absoluut waarheidsgetrou aanskou word. Intuïsie-kennis kom deur direkte begrip, sonder die proses van redeneer, of die noodsaaklikheid van bewys. Sulke kennis behoort alleenlik aan die Goddelike Jehova, die ewige fontein van alle wysheid en waarheid, en Wie, uit noodsaaklikheid uit, en uit die egte natuur van die dinge uit, bo al Sy skepsels is. Daarom kan die mensdom se kennis van goed en kwaad nie intuïtief wees nie. Die mensdom se kennis mag wel deur waarneming gekom het, maar in dié geval, moes daar iewers etlike tentoonstelling van die bose en die gevolge daarvan gewees het, vir waarneming deur die mens. Dit impliseer iewers, onder sommige wesens, die toelating van die bose, en waarom dan nie ook onder die mens, en ook op aarde, en ook onder andere elders nie? |
|
Man
learns by practical experience. |
Waarom sou die mens nie die illustrasie wees, en sy kennis deur praktiese ondervinding kry nie? Dit is so dat die mens praktiese ondervinding ontvang, en voorsien ook ‘n illustrasie vir die ander, ”want ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense“ (I Kor.4:9). |
|
Adam and
Eve yielded to the temptation which God wisely permitted.
|
Adam het alreeds kennis van die bose ontvang, deur inligting, maar dit was onvoldoende om hom te keer dat hy nie moet eksperimenteer nie. Adam en Eva het God as hulle Skepper geken, en gevolglik as die Een wat hulle kon beheer en bestuur. God het van die verbode boom gesê,
Hulle het dus ’n teoretiese kennis van die bose gehad, alhoewel hulle nooit die gevolge daarvan in die praktyk gewaar of ervaar het nie. Gevolglik het hulle nie hulle Skepper se liefdevolle gesag en Sy weldadige wet waardeer nie, ook nie die gevare waarvan Hy vir hulle wou beskerm nie. Daarom het hulle voor die versoeking wat God in Sy wysheid toegelaat het, geswig – die uiterste dienlikheid waarvan Sy wysheid uitgeken het. Min mense besef die hewigheid van die versoeking waaronder ons eerste ouers verkeer het nie, ook nie die regverdigheid van God waardeur Hy so ‘n strawwe bestraffing toegedeel het, vir wat baie mense as ‘n geringe oortreding beskou. Maar ‘n oomblik van oorweging sal alles duidelik maak. Die Skrifte vertel die eenvoudige verhaal van hoe die vrou, die swakker een, bedrieg is, en daardeur ‘n oortreder geword het. Haar ervaring en bekendheid van God was nog mer beperk as Adam s’n, omdat hy eerste geskape is, en nog voor haar skepping het God direk met Adam gekommunikeer en aan hom die kennis van die straf van die sonde oorgedra. Eva, daarenteen, het klaarblyklik haar inligting van Adam ontvang. Nadat sy van die vrug geëet het, omdat sy Satan se misleidende verdraaiing vertrou het, het sy nie die omvang van haar oortreding besef nie, alhoewel sy heelwaarskynlik bedenkinge en geringe besorgdheid gehad het dat alles nie pluis was nie. Maar, soos Paulus verduidelik, was sy ‘n oortreder, maar nie so skuldig soos sy sou gewees het as sy teen ‘n groter lig oortree het nie. |
|
Adam wilfully shared Eve's act of disobedience. |
Ons word vertel dat Adam, teenoor Eva, nie mislei was nie (I Tim. 2:14), en dus moes hy onder ‘n voller verwesenliking van die sonde gesondig het, met die straf in sig, en die seker wete dat moes sterwe. Ons kan maklik sien wat was die versoeking wat hom aangespoor het om daarvolgens so roekeloos die verklaarde straf te verdien. As ons in gedagte hou dat hulle volmaakte wesens was, na die verstandelike en morele beeld van hulle Skepper, kan ons sien dat die goddelike aspek van liefde, met beklemtoonde vernaamheid, deur die volmaakte man teenoor sy geliefde metgesel – die volmaakte vrou – vertoon is. Omdat hy die sonde besef het, en Eva se dood gevrees het, en daardeur sy verlies (en ons moet onthou dat daar geen hoop van die herstel belowe is nie, en daarom was hy sonder hoop van herstel) het Adam, deur wanhoop, roekeloos besluit om sonder haar nie verder te lewe nie. Omdat hy sy eie lewe, sonder haar geselskap, ongelukkig en waardeloos beskou het, het hy doelbewus haar optrede van ongehoorsaamheid gedeel om sodoende die doodsvonnis wat hy waarskynlik gemeen het op haar gerus het, te deel. Albei was ”in die oortreding” soos die Apostel vir ons vertel (Rom.5:14; I Tim.2:14). Maar Adam en Eva was een, en nie twee nie, en daarom het Eva die vonnis wat haar optrede gehelp het om op Adam te bring, gedeel (Rom.5:12, 17-19). |
|
Man,
through impairment of his moral nature, desires sin. |
God het nie alleenlik vooruitgesien dat, omdat Hy aan die mens vryheid van keuse geskenk het, sou Hy, weens ‘n gebrek aan volle waardering van sonde en die gevolge daarvan, dit aanvaar, maar Hy het ook vooruitgesien dat, nadat die mens daarmee bekend gemaak is, sou hy dit nogtans kies, en dat Adam se bekendheid met die bose sy morele natuur so sou beskadig dat die bose geleidelik meer aanvaarbaar en begeerlik as die goeie sou word. Nogtans het God beplan om die bose toe te laat, omdat, as gevolg van die feit dat Hy die regsmiddel waardeur die mens van die gevolge van die sonde vrygestel sou word, voorsien het, het Hy ook vooruitgesien dat die gevolge sou wees dat Hy die mens, deur die ondervinding tot ‘n volle waardering van die uitermate sondigheid van sonde, en daarteen die weergalose glansrykheid van deug, sou kon bring. As gevolg hiervan sou Hy die mens kon leer om sy Skepper – die bron en fontein van all goedheid – lief te hê en te eer, en vir ewig dit wat soveel wee en ellende veroorsaak het, te vermy. Die uiteindelike gevolge sou wees ‘n groter liefde vir God, en ‘n groter afsku van alles wat Sy wil teenstaan, en gevolglik, die vaste bevestiging, in ewige regverdigheid, van almal wat deur die lesse wat God nou, deur die toelating van sonde en korrektiewe booshede, vir ons leer, sal profiteer. Nietemin, daar moet ‘n breë onderskeiding getrek word tussen die onbetwisbare feit dat God die sonde toegelaat het, en die gevaarlike dwaling van sommige wat God beskuldig dat Hy die outeur en aanstigter van sonde is. Die tweede opvatting is albei godslasterlik en teenstrydig met die feite wat in die Bybel staan. |
|
God has permitted sin, but is not the author of it. |
Diegene wat in hierdie dwaalbegrip val, doen dit gewoonlik in ‘n poging om ‘n alternatiewe plan van saligheid te vind – een anderste as die een waardeur God Sy Seun as die Losprys vir ons sondes gegee het. As hulle slaag om hulle self en ander te oortuig dat God vir al die sonde, boosheid en misdaad[1] verantwoordelik is, en dat die mens, as ‘n onskuldige werktuig in Sy hande, in sonde gedwing is, dan het hulle die weg gebaan vir die teorie dat nóg ‘n slagoffer vir ons sondes, nóg genade in enige vorm nodige was nie – maar eenvoudig en alleenlik GEREGTIGHEID. |
|
Evil is not always sin. |
|
|
Mans
noblest quality is liberty of choice. If this were taken away, man would be inferior to insects. |
Hierdeur ook, lê hulle ‘n fondasie vir nog ‘n deel van hulle valse teorie, naamlik universeelisme, waardeur verklaar word dat net soos God al die sonde en boosheid en misdaad in almal veroorsaak het, so sal Hy ook sorg dat die hele mensdom van sonde en dood verlos gaan word. Daarby, omdat hulle redeneer dat God die sonde beoog en veroorsaak het, en dat niemand Hom sou kon weerstaan nie, redeneer hulle dat wanneer God regverdigheid inbring sal almal net so kragteloos wees om Hom te weerstaan. Maar, in al sulke redenering – die mens se mees edele eienskap – is die vryheid van wil of keuse, die mens se mees edele eienskap, en die mees treffende kenmerk van sy gelykenis aan sy Skepper, heeltemal tersyde gestel. Daardeur is die mens teoreties na ‘n loutere masjien, wat reageer net op dieselfde wyse waarop teen hom ageer word, verneder. As dit so was, sou die mens selfs aan die insekte ondergeskik wees, in stede daarvan dat hy die heerser van die aarde moet wees, want insekte het beslis ‘n wil of mag van keuse. Selfs die klein miertjie is die mag van wil gegee, en selfs die mens, met sy groter mag waardeur hy mag teenstaan en dwarsboom, kan dit nie vernietig nie. |
|
In Jes.45:7 en Amos 3:6 herinner die Here vir Israel van Sy verbond met hulle nas ‘n nasie – dat as hulle Sy wette sou gehoorsaam, sou Hy vir hulle seën en hulle beskerm teen al die rampe waaronder die wêreld in algemeen gely het. Maar, as hulle vir Hom sou verlaat, sou hy rampe (onheil) op hulle bring, as kastyding. (Sien Deut.28:1-32; Lev.26:14-16; Jos.23:6-16). |
||
Toe rampspoede op hulle gekom het, egter, was hulle geneig om hulle as ongelukke te beskou, en nie as kastydinge nie. Daarom het God, deur die profete, boodskappe aan hulle gestuur om hulle aan hulle verbond te herinder, en hulle te vertel dat hulle rampspoede van Hom afkomstig was – volgens Sy wil, en met dioe doel om hulle te berispe. Dit is onsinnig om hierdie skrifte te gebruik om te bewys dat God die Outeur van sonde is, want hulle verwys glad nie na sonde nie. |
||
When man
was permitted to choose for himself, he fell from divine fellowship. God did not force man |
Dit is waar dat God die mag het om die mens in óf sonde óf geregtigheid te forseer, maar Sy Woord verklaar dat Hy glad nie so ‘n doel het nie. Vir dieselfde rede dat ”Hy kan Homself nie verloën nie.“ (2 Tim.2:13), kan Hy nie, konsekwent, die mens in sonde forseer nie. So ‘n rigting sou met Sy regverdige karakter onverenigbaar wees, en daarom onmoontlik. Daarby, soek Hy die aanbidding en liefde van alleenlik die wat Hom in Gees en in waarheid aanbid. Met hierdie oogmerk het aan die mens die vryheid van wil geskenk, net soos Sy eie, en verlang dat hy regverdigheid moet kies. Omdat Hy toegelaat het dat die mens vir homself kon kies het na die verbreking van goddelike gemeenskap, guns en seëninge – en in die dood in – gelei. Deur sy ondervinding van sonde en dood, leer die mens prakties wat God aangebied het om hom teoreties te leer, sonder dat hy die sonde en die gevolge daarvan, sou ervaar. God se voorkennis van wat die mens sou doen, word nie teen hom gebruik nie. Dit was nie ‘n rede om hom na ‘n blote masjien-wese te verneder nie. Inteendeel, dit word in die mens se guns gebruik, omdat God, deurdat Hy voorsien het watter rigting die mens sou inslaan as hy toegelaat sou word om vir homself te kies, het hom nie verhinder om, by wyse van proef, die sonde en die bittere gevolge daarvan te proe nie. Om die rede het Hy dadelik begin om ‘n middel vir sy herstel vanuit sy eerste oortreding te voorsien. God het ‘n Verlosser, ‘n Groot Heiland voorsien, wat almal wat na God deur Hom wou terugkeer tot die uiterste sou red. Met hierdie doel – dat die mens vrye wil kon besit en tog deur sy eerste mislukking in die gebruik daarvan (in ongehoorsaamheid aan die wil van God) kon baat vind – het God nie net ‘n losprys vir almal voorsien nie. Hy het ook voorsiening gemaak dat ‘n kennis van die geleentheid vir versoening met Homself so aangebied, op die regte tydstip aan almal verkondig sal word (I Tim. 2:3-6). |
|
"For
the wages of sin is death; but the gift of God is eternal life through Jesus Christ our Lord." Romans 6:23 |
Die strafheid van die straf was nie ‘n vertoning van haat en boosaardigheid aan God se part nie. Dit was nodig en onvermydelik, die uiteindelike gevolge van onheil, wat God toegelaat het vir die mens om te sien en te voel. God kan die lewe steun so lank Hy wil, selfs teen die vernietigende krag van werklike onheil, maar dit sal vir God net so onmoontlik wees om so ‘n lewe oneindig te steun as om te lieg. Met ander woorde, dit is sedelik onmoontlik. So ‘n lewe kan net meer en meer ‘n bron van verdriet wees – vir die mens self en ander mense. Daarom, omdat God te goed is om so ‘n waardelose wese, wat aan homself en ander so nadelig sou wees, te steun, sou Hy Sy ondersteunende krag moes terugtrek, en die vernietiging – die natuurlike gevolge van onheil – sou voortvloei. Die lewe is ‘n guns, ‘n gawe van God, en dit sal alleenlik aan die gehoorsames oneindig voortduur. |
|
Life is
a favor, a gift of God. |
Die feit dat nie elkeen van Adam se nageslag ‘n afsonderlike verhoor sal kry nie, is geen onregverdigheid nie. Jehova was onder geen verpligting om ons in die lewe te bring nie. Daar geen wet van billikheid of regverdigheid - as gevolg van die feit dat Hy wel vir ons in die lewe gebring het – wat Hom verbind om ons lewens vir ewig te perpetueer, of selfs om ons ‘n verhoor te gee met die belofte van die ewige lewe as ons gehoorsaam is, nie. Let op hierdie punt. Die huidige lewe, wat van die wieg af tot die graf maar ‘n proses van doodgaan is, is, ten spyte van al die betrokke onheil en teleurstellings, ‘n voordeel en ‘n guns al was daar geen hiernamaals nie. Die groot meerderheid hoogag dit so. Die uitsonderings (selfmoord) is relatief min, en word herhaaldelik deur beslissings van ons howe van geregtigheid as geestelik versteurd beskryf. Andersins sou hulle nie op so ‘n wyse hulself van die huidige seëninge afsny nie. Boonop, die gedrag van die volmaakte man, Adam, vertoon vir ons wat die gedrag van sy kinders – onder soortgelyke omstandighede – sou gewees het. |
|
"Every good gift and every perfect gift is from above, and cometh
down from the Father of Lights, with whom is no variableness, neither shadow The doctrine of
Eternal torture |
Baie het die valse gedagte aangeneem dat God die mens onder verhoor geplaas het vir lewe, met die alternatief van ewige pyniging, terwyl niks van die aard word, in die straf, eers na geskimp nie. Die guns of seën van God aan Sy gehoorsame kinders is die lewe – aanhoudende lewe – vry van pyn, siekte, en enige element van verrotting en die dood. Adam is hierdie seëning in volle maat gegee, maar is gewaarsku dat hy van hierdie ”gawe” onthef sou word as hy gefaal het om gehoorsaamheid aan God te gee -
Hy het niks van lewe in foltering, as die straf vir sonde, geken nie. Die ewige lewe word uitsluitlik aan die gehoorsames belowe. Die lewe is God se gawe, en die dood, die teenoorgestelde van die lewe, is die straf wat Hy voorskryf. Die ewige foltering word nêrens in die Ou Testament aan die hand gedoen nie, en maar net ‘n paar verklarings in die Nuwe Testament kan so verkeerd opgevat word om dir skynbaar te leer. Hierdie word of tussen die simboliek van Openbaring of tussen die gelykenisse en duister gesegdes van ons Here gevind. Hierdie was nie deur die mense wat hulle gehoor het, verstaan nie (Luk.8:10), en hulle word maar vandag weinig beter begryp.
|
|
As all in Adam shared his condemnation... |
Daar is baie wat redeneer dat God onregverdig was om Adam se straf ook op sy nageslag te bring, in plaas van elke persoon ‘n verhoor te gee met die kans op die ewige lewe gelyk aan die wat Adam geniet het. Maar wat sal sulke sê as dit nou gewys word dat die wêreld se geleentheid en verhoor vir die lewe veel meer gunstig as Adam s’n gaan wees, en ook omdat God hierdie plan aanvaar het waardeur Adam se ras op ‘n natuurlike wyse sy straf kan deel? Ons glo dat hierdie die geval is, en sal poog om dit duidelik te maak. |
|
All in
Christ will share in restitution blessings.
|
God verseker ons dat, soos in Adam veroordeling op ons almal gekom het, so het Hy gereël vir ‘n nuwe Hoof, Vader, of leweskenker vir die ras waarin almal – deur geloof en gehoorsaamheid - oorgeplaas kan word. Daar is ook die versekering dat soos ons almal in Adam in die vloek van die dood deelagtig is, so ook sal almal in Christus die seën van restitusie deel. Die kerk is die uitsondering (Rom. 5:12,18,19). So gesien is die dood van Jesus – die onbesoedelde – ‘n volmaakte skikking tot God vir die sonde van Adam. Soos een man gesondig het, en almal deur hom in die vloek – sy bestraffing – gedeel het, so het Jesus, omdat Hy die boete vir daardie een sondaar betaal het, nie net Adam nie, maar sy hele nageslag – die hele mensdom – losgekoop. Deur oorerwing het die mensdom sy swakhede en sondes, sowel as die straf hiervoor – die dood – gedeel. |
|
Christ purchased Adams race. |
Ons here, ”Die mens Christus Jesus” (I Tim.2:5), Homself vlekkeloos en goedgekeur, en met ‘n perfekte saad of ras in Hom – nog ongebore – en eweneens deur die sonde onbesoedeld, Sy hele menslike lewe en titel gegee as ‘n volle losprys vir Adam en die ras of saad in hom toe hy veroordeel is. Nadat Hy die lewens van Adam en die helde mensdom gekoop het, bied Christus aan om almal van Adam se ras, wie die voorwaardes van Sy Nuwe Verbond sal aanvaar – en daarom deur geloof en gehoorsaamheid deel van die familie van God word – aan te neem. Dus sal die Verlosser Sy saad sien (soveel van Adam se saad wat – op sy voorwaardes - aanneming sal aanvaar, en sy dae verleng. Die laaste gebeur deur opstanding tot ‘n bomenslike vlak, wat deur die Vader, as beloning vir sy gehoorsaamheid, aan hom geskenk word. Dit gebeur op die mees onwaarskynlike wyse – deur die opoffering van lewe en die nageslag. En daarom is dit geskryf,:
|
|
"All that are in their graves... |
Die besering wat ons deur die val van Adam ontvang het (ons het aan geen ongeregtigheid gely nie) word, deur die guns van God, met guns deur Christus, meer as vergoed. Ons sal ook almal, vroeër of later (op God se regte tyd), die volle geleentheid ontvang om na dieselfde status wat Adam geniet het voor hy gesondig het, herstel te word. Diegene wat nie ‘n volle kennis ontvang nie, sal sekerlik hierdie voordeel in die hiernamaals, of ”die wêreld wat kom”, die dispensasie of eeu wat die hede volg, ontvang. Dit geld ook vir diegene wat, in hierdie tydperk, nie, deur geloof, die genot van hierdie guns van God ontvang nie. Laasgenoemdes is die groot meerderheid, en sluit kinders en heidene in. Ten doel hiervan, staan daar in Joh.5:28,29
Sodra elkeen (óf in hierdie tyd óf in die volgende) van die losprys wat deur ons Here Jesus vir on betaal is, en die daaropvolgende voordele, ten volle bewus word, word hy – net soos Adam was -as onder verhoor beskou, en gehoorsaamheid bring ewige lewe en ongehoorsaamheid ewige dood – die ”tweede dood.” Maar volmaakte gehoorsaamheid word nie van mense wat nie die volmaakte vermoë om dit uit te voer besit nie, verwag nie. Onder die Verbond van Genade, gedurende die Evangelietydperk, is die n dievergoed vir hulle onvermydelike tekortkominge weens die swakheid van die vlees. Goddelike Genade sal ook, gedurende die Duisendjarige tydperk, vir wie-ook-al van die wêreld toeganklik wees. Absolute morele volmaaktheid sal nie verwag word nie alvorens fisiese volmaaktheid bereik is nie, en dit sal die voorreg van almal wees, voor die einde van die duisendjarige tydperk. Daardie nuwe beproewing, die gevolg van die losprys en die Nuwe Verbond, sal van die beproewing in Eden verskil, in so ver dat alleenlik ‘n persoon se eie doen en late sy eie toekoms sal beïnvloed. |
|
"If in this life only
we have hope in Christ, we are of all men most miserable. "But now is Christ risen from the dead, and become the firstfruits of them that slept. "For since by man came death, by man came also the resurrection of the dead. "For as in Adam all die, even so in Christ
shall all be made alive."
|
||
Second
Chance vs. First Individual Opportunity
|
Nou die vraag is, sal dit nie beteken dat van die persone ‘n tweede kans om die ewige lewe te behaal gegun gaan word nie? Ons antwoord is ”Die eerste kans op die ewige lewe is, deur die ongehoorsaamheid van vader Adam se ongehoorsaamheid, vir homself en die hele ras verloor, terwyl hulle ”nog in sy lendene” was. Deur daardie oorspronklike versoeking het “die dood tot alle mense deurgedring“. God se plan was dat , deur Christus se verlossingsoffer, Adam en almal wat deur sy mislukking die lewe verloor het, die kans sou gegun word om na God te draai deur geloof in die Verlosser. Dit sou gebeur nadat almal die buitengewone sondigheid van sonde ervaar het, en die gewig van sonde se straf gevoel het. As enigeen sou kies om dit ‘n tweede kans te noem, laat toe dat hy so doen. Dit moet vir seker Adam se tweede kans wees, en in ‘n sekere sin, ten minste, is dit dieselfde vir die hele verlosde ras, maar dit sal die eerste persoonlike geleentheid vir sy nasaat, wie gebore is alreeds onder die verdoemenis van die dood. Noem dit wat ons wil, maar die feite bly dieselfde, naamlik, weens Adam se ongehoorsaamheid, is almal tot die dood veroordeel, en gedurende die duisendjarige tydperk sal almal ‘n volle geleentheid geniet om, onder die gunstige voorwaardes van die Nuwe Verbond, die ewige lewe te verkry. Soos die engele verklaar het, is hierdie ”’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,“ En, soos die Apostel verklaar het, hierdie genade van God – dat onse Here Jesus ”Homself gegee het as ‘n losprys vir almal” moet op die regte tyd voor almal verklaar word (Rom.5:17-19; I Tim.2:4-6). Die mensdom, nie God nie, het hierdie kans of geleentheid om die lewe te kry, tot die evangelietydperk beperk. God, daarteen, vertel ons dat die Evangelietydperk is maar net vir die uitverkiesing van die Kerk, die koninklike priesterdom, deur wie, gedurende die volgende tydperk, al die ander tot ‘n akkurate kennis van die waarheid gebring gaan word, en die volle geleentheid gegun gaan word om die ewige lewe onder die Nuwe Verbond te verkry. |
|
Why so much misery upon so many?
If given an individual chance, |
Maar watter voordeel bied die metode wat gebruik is? Hoekom word almal nie nou al, onmiddellik, ‘n persoonlike kans op die lewe gegee nie, sonder die lang proses van Adam se beproewing en veroordeling. Waarom ontvang almal nie verlossing deur Christus se offer nie, en die nuwe aanbod aan almal van die ewige lewe volgens die voorwaardes van die Nuwe Verbond nie? As die bose, weens die mens se vrye morele verhouding, geduld moet word, waarom is die vernietiging daarvan deur so ‘n ongewone en onregstreekse wyse vervul? Hoekom word soveel ellende toegelaat om tussenin te kom, en om diegene te kom wat uiteindelik – as gehoorsame kinders van God – die geskenk van die lewe sal ontvang. O ja! Dit is die punt waarop al die belangstelling rondom hierdie onderwerp gesetel is. As God die voortplanting van ons spesie anders sou gereël het, sodat die kinders nie deel sou hê aan die gevolge van die sondes van die ouers nie – geestelike, morele en liggaamlike swakhede – en sou die Skepper dit so gereël het dat almal ‘n voordelige Edense voorbereiding vir hulle beproewing sou ontvang, en dat alleenlik oortreders verdoem en afgesny moes word, hoeveel van hulle kan ons veronderstel sou – onder hierdie voordelige omstandighede – vir die lewe waardig gevind word, en hoeveel onwaardig? As ons Adam as ons een voorbeeld van ‘n maatstaf neem (en hy was sekerlik, uit elke oogpunt af, ‘n voorbeeld van volmaakte mensdom), die gevolgtrekking moet wees dat niemand as absoluut gehoorsaam en waardig gevind sou word nie. Die rede is dat niemand daardie helder kennis van en ondervinding met God sou besit nie. Hierdie sou volle vertroue in Sy wette – ver anderkant hulle persoonlike oordeel – in hulle laat ontwikkel. Ons word verseker dat dit Christus se kennis van die Vader was wat Hom in staat gestel het om onvoorwaardelik te vertrou en gehoorsaam te wees (Jes.53:11). Maar laat ons veronderstel dat een uit vier die lewe sou verkry; of selfs meer, veronderstel dat een uit twee waardig gevind sou word, en dat die ander helfte die loon van die sonde – die dood – sou ontvang. Wat dan? Kom ons veronderstel dat die ander helfte, die gehoorsames, die sonde nie gesien of ervaar het nie. Sou hulle nie vir ewig nie ‘n nuuskierigheid teenoor die verbode dinge ervaar nie – iets wat alleenlik deur die vrese van God en van die straf, getem sou word? Hulle diens kon nie so hartlik wees soos dit sou gewees het wanneer hulle die goed en kwaad geken het nie, en daardeur ‘n volle waardering kan hê van die welwillende planne van die Skepper in die instelling van die wette wat Sy eie rigting, en dié van Sy skepping beheer. |
|
Dan weer moet ons in ag neem diegene wat, as gevolg van hulle eie opsetlike sonde, in die dode sal gaan. Hulle sou vir ewig van die lewe afgesny word, en hulle enigste hoop sou wees dat God, in liefde, hulle as Sy skepsels – die werk van Sy hande -sal onthou, en vir hulle ‘n tweede probeerslag sal gee. Maar hoekom so maak? Die enigste rede so ‘n hoop gewees het dat as hulle weer bewus gemaak is, en ‘n die kans gegun word om weer te probeer, van hulle – as gevolg van hulle groter ervaring, miskien gehoorsaamheid sal kies, en daardeur lewe. Maar selfs sou so ‘n plan, deur sy gevolge, so goed wees soos die een wat God aangeneem het, sou daar ernstige bedenkinge daarteen wees. |
||
Maar eintlik, die wysheid van God – volgens Sy plan -beperk die sonde binne sekere grense. Hoeveel te beter ook, soos selfs ons beperkte verstande kan begryp, dat daar een volmaakte en onpartydige wet moet wees, ‘n wet wat verklaar dat die loon van die moedswillige sonde die dood moet wees – vernietiging – ‘n finale instelling van ‘n skeidslyn tussen die sondaar endie lewe. |
||
The wisdom of God confines sin to certain limits. |
Daarom beperk God die sonde wat Hy toelaat, deur voorsiening te maak dat die Millenniale heerskappy van Christus die volle uitwissing van die bose en moedswillige kwaaddoeners sal bewerkstellig. Gelyktydig sal Hy die ewigheid van regverdigheid binnelei. Dit sal op volle kennis en volmaakte vryewil gehoorsaamheid deur volmaakte wesens gebaseer word. Maar daar is twee ander besware teen die voorgestelde plan, die plan waardeur elke individu eers afsonderlik verhoor word. In die plan wat God aanvaar het, was een Verlosser heeltemal voldoende, want net een het gesondig, en net een veroordeel is. (Ander het in sy veroordeling gedeel.) |
|
Other
objections to giving an individual chance now: 1. Would require a redeemer for each one condemned 2. Would not permit selection of "the body" |
Maar, as die eerste verhoor ‘n afsonderlike verhoor sou gewees het, en as een helfte van die ras sou gesondig het en persoonlik veroordeel sou gewees het, sou die vereiste gewees het dat daar ‘n Verlosser vir elke veroordeelde persoon moes gewees het. Een onverbeurde lewe kon een verbeurde lewe verlos, maar niks meer nie. Die volmaakte mens, die mens Christus Jesus, Wie die vervalle Adam verlos (en deur hom, ons verliese) het, kon, onder geen ander omstandighede as die van die plan wat God gekies het, ”’n losprys [‘n ooreenstemmende prys] vir almal” gewees het nie. Die ander beswaar teen so ‘n plan is dat dit God se plan aangaande die uitverkiesing en verheffing, tot die Goddelike natuur, van ‘n ”klein kuddetjie”, ernstig kon verwar. Die ”klein kuddetjie” is die liggaam van Christus, ‘n geselskap waarvan Jesus die Hoof en Here is. God kon nie, op ‘n regverdige wyse, die vyftig miljard gehoorsame seuns beveel om hulle regte, voordele en lewens, as lospryse vir die sondaars, te gee nie. Volgens Sy eie wet sou hulle gehoorsaamheid vir hulle die reg op die ewige lewe gewen het. Gevolglik, as daardie volmaakte mense gevra was om lospryse vir die gevallenes te word, sou dit God se plan gewees het – net soos met onse Here Jesus – om ‘n spesiale beloning voor hulle aan te bied sodat hulle, vir die vreugde wat hulle voorgehou is, die straf van hulle broers mag verduur. En as dieselfde beloning wat aan onse Here Jesus gegee is, ook aan hulle gegee sou word, naamlik, om ‘n nuwe Goddelike natuur deelagtig te wees, en om hoër as engele, owerhede en magte, en elke naam wat vernoem word – gelyk met Jehova (Efes.1:20,21) - verhewe te wees, sou daar dan ‘n onmeetlike getal op die Goddelike vlak wees, waarvan die wysheid van God blykbaar nie goedgekeur het nie. Verder, daardie vyftig miljard, sou, onder sulke omstandighede, almal gelyk gewees het, en geeneen van hulle sou die opperste of die hoof gewees het nie. Onthou, die plan wat God aangeneem het vereis net een Verlosser, een wat tot die Goddelike natuur hoogs verhewe is, en daarby, ‘n ”klein kuddetjie” wat bestaan uit diegene wie Hy verlos het, en wie in Sy voetstappe van lyding en self verloëning wandel. Hulle het deel aan Sy Naam, Sy eer, Sy heerlikheid, en Sy natuur, selfs soos die vrou met haar man deel. |
|
Diegene wat hierdie hooftrek van God se plan kan waardeer, wat, deurdat dit almal deur een Verteenwoordiger verdoem het, die weg gebaan het vir die verlossing en herstel van almal deur een Verlosser, sal daarin die oplossing van baie verwarringe vind. Hulle sal sien dat die verdoemenis van almal in een, die teenoorgestelde van ‘n besering was. Wanneer dit in verband met God se plan vir die voorsiening van regverdiging vir almal, deur die opoffering van iemand anders, gesien word, was dit ‘n groot guns aan almal. Die bose sal vir ewig uitgewis word, wanneer God se doelwit om dit toe te laat, bereik word, en wanneer die voordele van die losprys van gelyke omvang met die straf op sonde gemaak word. Dit is nieteenstaande onmoontlik om hierdie hooftrek van God se plan te waardeer, sonder die volle erkentenis van die sondigheid van die sonde, die aard van die straf – die dood, die belangrikheid en waarde van die losprys wat onse Here Jesus gegee het, en die positiewe en volledige herstel van die individu tot voordelige omstandighede. Onder hierdie omstandighede sal hy ‘n volle en uitvoerige verhoor kry, voor daar beslissing geneem word waarvolgens hy waardig gevind word vir óf die beloning (ewige lewe), óf die boete (ewige dood). |
||
The
ransom is a solution to many perplexities. |
In die lig van die groot plan van verlossing, en die gevolglike ”herstel van alle dinge” deur Christus, kan ons sien dat seëninge kom as gevolg van die toelating van die bose wat, heelwaarskynlik, nie andersins so ten volle gerealiseer sou kon word nie. Nie alleenlik word die mens, deur die ervaring verkry, tot in die ewigheid bevoordeel nie, maar almal word deur ‘n voller bekendheid met God se karakter, soos in Sy plan gemanifesteer, verder begunstig. Dit geld ook vir die engele deur hulle waarneming van die mens se ervaringe. Wanneer Sy plan ten volle volvoer is, sal almal Sy helder Sy wysheid, geregtigheid, liefde en mag kan begryp. Hulle sal die geregtigheid, wat, sonder ‘n volle vernietiging van hulle straf deur ‘n gewillige Verlosser, nie die Goddelike verordening kon skend nie, of die tereg veroordeelde ras red nie, gewaar. Hulle sal die liefde gewaar wat hierdie eerbare opoffering voorsien het, en wat die Verlosser tot God se eie regte hand hoogs verhef het. |
|
Blessings will result through the permission of evil. |
Daardeur is mag en gesag aan Hom gegee waardeur Hy diegene wat Hy met Sy kosbare bloed gekoop het, aan die lewe terug kon bring. Hulle sal ook die mag en wysheid wat ‘n heerlike bestemming vir Sy skepsels kon voorsien, gewaar. |
|
All will
be able to see clearly Gods --Wisdom-- --Justice-- --Love-- --Power-- as shown in the ransom. |
Hierdeur word elke opponerende invloed verwerp, sodat hulle gewillige of onwillige agente vir die bevordering van die finale voltooiing van Sy groot voornemens, gemaak word. Sou die bose nie toegelaat gewees het nie, en daarom deur die Goddelike voorsienigheid ongeldig verklaar word, kan ons nie sien hoe hierdie resultate verkry kon gewees het nie. Die tydelike toelating van die bose onder die mensdom vertoon dus ‘n vooruitsiende wysheid wat al die vergesellende omstandighede begryp het, het die remedie bedink, en die finale uitvloeisel deur Sy mag en genade, gemerk. Gedurende die Dispensasie van die Evangelie is die sonde en sy vergesellende booshede verder gebruik vir die dissipline en voorbereiding van die Kerk. Sou die sonde nie toegelaat gewees het nie, sou die opoffering van onse Here Jesus Christus en van Sy Kerk - die beloning waarvan die Goddelike natuur is – onmoontlik gewees het. |
|
The Law of God is Love. |
Dit blyk duidelik te wees dat wesenlik dieselfde wet van God wat nou oor die mensdom is, en waaraan gehoorsaamheid die beloning van die lewe, en ongehoorsaamheid die straf van die dood, voorsien, al die verstandige skepsels van God moet beheer. Dit is ook duidelik dat die wet, soos onse Here dit gedefinieer het, kortliks in die een woord Liefde ingesluit word.
Per slot van rekening, wanneer die doelwitte van God bereik is, sal die heerlikheid van die Goddelike karakter aan alle verstandige skepsels gemanifesteer word, en die tydelike toelating van die bose deur almal as ‘n wyse eienskap van die Goddelike beleid, gesien word. Op die oomblik kan hierdie waarheid alleenlik deur die oog van die geloof gewaar word. Hierdeur kyk ons deur die Woord van God na dinge wat, van die begin van die wêreld, deur mond van al die heilige profete gespreek is – die herstel van alle dinge. |
|
|