Nature Apart |
|
GEESTELIKE EN MENSLIKE NATURE APART EN ONDERSKEIE |
—
ALGEMENE MISVATTINGS |
Oor die algemeen het Christene aanvaar dat niemand behalwe diegene wat die geestelike natuur bereik het, gered sal word nie. Die rede hiervoor is dat hulle nie kon insien nie dat God se plan vir die mensdom in die algemeen hulle restitusie tot die vorige stand – naamlik die menslike volmaaktheid wat hulle in Eden verloor het – beoog. Hulle kon ook nie insien nie dat die Christen kerk, as ‘n uitsondering tot hierdie algemene plan, ‘n verandering van natuur van vleeslik tot geestelik sou ervaar. Die Bybel, egter, terwyl dit die beloftes van lewe en seëning en restitusie aan al die families van die aarde aanbied, bied en belowe die verandering na ‘n geestelike natuur alleenlik aan die Kerk wat gedurende die Evangelietydperk uitverkies is. Daar is nie ‘n enkele skrif te vinde wat sulke hoop vir enige ander handhaaf nie. |
|||||||
As die menigtes van die mensdom wat uit die degradasie, swakheid, pyn, ellende en dood wat die gevolge van die sonde is, gered word, en aan die staat van menslike volmaaktheid wat voor die sondeval in hulle besit was, herstel gaan word, dan is hulle net so volmaak en volledig van daardie sondeval gered, soos diegene wie, onder die hoë roeping van die Evangelietydperk ”deelgenote kan word van die goddelike natuur,“ deelagtig word. |
|||||||
What is a perfect man? |
Die onvermoë om reg te kan verstaan wat ‘n volmaakte man uitmaak, die misvatting van die benaminge sterflik en onsterflik, en die verkeerde opvattings oor geregtigheid, het saam na hierdie misgissing geneig, en daardeur baie skrifture, wat andersins maklik verstaanbaar sou wees, met geheimsinnigheid omhul. Dit is ‘n algemene siening dat, alhoewel dit deur nie eers een Bybelse skrif ondersteun word nie, daar nooit ‘n volmaakte man op die aarde bestaan het nie; en dat alles wat van die man op aarde gesien word, maar die gedeeltelik ontwikkelde man is, en dat om volmaaktheid tye bereik moet hy geestelik word. Hierdie siening veroorsaak verwarring oor die Skrifte, in stede daarvan dat daardie harmonie en skoonheid wat op “die regsny vandiewoord van die waarheid” volg. |
||||||
There
were only two perfect men Adam and Jesus. |
Die Skrifte leer dat daar maar net twee volmaakte mense was – Adam en Jesus. Adam is na die beeld van God geskapel d.w.s. met dieselfde verstandelike vermoëns van redenasie, geheue, oordeel, en wil, en die morele eienskappe van regverdigheid, welwillendheid en liefde ens. Hy was “uit die aarde, aards.” En ‘n aardse beeld van ‘n Geestelike Wese – wat dieselfde soort eienskappe besit het, maar wat in graad, bestek, en omvang, breed verskil het. Die man is tot so ‘n mate ‘n beeld van God dat God vir die gevalle man kon sê, “Kom nou en laat ons die saak uitmaak.“ |
||||||
Adam was
made ruler over all earthly things... ...a little lower |
Net soos Yahweh oor alle dinge heers, so is die man ‘n heerser oor alle aardse dinge gemaak. In Gen 1:26 vertel Moses vir ons “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.“ Hy vertel verder, in Gen 1:31 “Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed.“ God het nie net begin om te maak nie, maar klaar gemaak. Verder, God het die mens as “baie goed“ geag – d.w.s volmaak. Niks in God se ekonomie sal niks onder Sy intelligente skepsels wat nie volmaak is nie, baie goed wees nie.
Die volmaaktheid van die man – soos hy geskape is – word in Psalm 8:5-8 soos
volg uitgedruk: “U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese
en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van
u hande; U het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, dié almal, en
ook die diere van die veld, die voëls van die hemel en die visse van die
see, wat trek deur die paaie van die see.“
|
||||||
"All
flesh is not the same; but there is one kind of flesh of men, another flesh of beasts, another of fishes, and another of birds." I Corinthians 15:39 |
|
||||||
|
|||||||
|
In die Psalms, verwys Dawid na die mens in sy oorspronklike stand, en impliseer profeties dat God nie Sy oorspronklike plan om die man in Sy eie beeld, en as koning van die aarde, te hê nie, en dat Hy hom sal onthou, hom verlos, en hom na die oorspronklike weer sal herstel. In Heb.2:7 vestig die Apostel ons aandag op dieselfde feit – dat God se oorspronklike doelwit nog nie oorboord gegooi is nie: naamlik dat die man, wat oorspronklik verhewe en volmaak, koning van die aarde, sal onthou word, besoek word en verlos word. Dan voeg hy by, Ons sien nog nie hierdie beloofde restitusie nie, maar ons sien wel die eerste stap wat God, na die voltooiing daarvan, besig is om te neem. Ons sien vir Jesus Wie met die heerlikheid en eer van volmaakte mensdom bekroon is, en dat Hy, as ‘n gepaste losprys of plaasvervanger, deur God se guns, namens elke mens, die dood deelagtig mag wees. Hierdeur sou Jesus die weg baan vir die herstel van die mens na alles wat verlore was. Rotherham, een van die mees sorgvuldige vertalers, vertaal die stuk soos volg:
“Wat is die mens, dat U aan hom dink; |
||||||
"A
little lower" does not mean a little less perfect. |
Dit moet ook nie vermoed word dat effens laer in gestalte eintlike minder volmaak beteken nie. ‘n Skepsel mag op ‘n laer vlak van bestaan, tog volmaak, wees. Dus, ‘n volmaakte perd sal laer as ‘n volmaakte mens wees, ens. Daar is verskeie nature, besield en onbesield. Om dit uit te beeld, stel ons die volgende tabel voor: |
Vlakke van Hemelse of Geestelike Wesens |
Vlakke van Aardse of Dierlike Wesens |
Vlakke in die Domein van Plante |
Vlakke in die Domein van Minerale |
|||
|
|
|
|
Perfecting a
nature does not change a nature. There is |
Elkeen van die gemelde elemente mag suiwer wees, tog is goud die hoogste geag. Alhoewel elkeen van die rangordes onder die plante na volmaaktheid gebring mag word, sou hulle weinig in natuur en rang verskil. So ook onder die diere. Sou elke spesie na volmaaktheid gebring word, sal daar nog verskeidenheid wees, want die vervolmaking van ‘n natuur verander nie die natuur self nie[1].
|
||
There are distinct differences of each nature. The highest grade |
Die vlakke van geestelike wesens, alhoewel hulle volmaak is, staan ook in
verwantskap met mekaar as hoër of laer in natuur of soort. Die Goddelike
natuur is die hoogste en die owerste van alle geestelike nature. By Sy
opstanding is Christus soveel uitnemender as die volmaakte engele gemaak,
want die Goddelik is meer uitnemend as die engelagtige natuur. Let versigtig op dat terwyl die klasse in die tabel hierbo genoem, duidelik en afgesonder is, tog mag ‘n vergelyking tussen hulle gemaak word, soos volg: Die hoogste graad mineraal is ondergeskik aan, of effens laer as die laagste graad onder die plante, omdat, in plante is daar lewe.
So ook, die hoogste graad onder die plante is effens laer as die laagste
graad dierelewe, want dierelewe, selfs in sy laagste graad het genoeg
intelligensie om bewus te wees van sy bestaan. So ook die mens, alhoewel hy
die hoogste onder die diere of aardse wesens is, is hy
“weinig
minder gemaak as ‘n goddelike wese”
omdat engele geestelike of hemelse wesens is. |
||
There is a great contrast between sinful and restored mankind.
|
Daar is ‘n wonderlike kontras tussen die mens soos ons nou vir hom sien, deur die sonde verneder, en die volmaakte man wat God na Sy beeld gemaak het. Die sonde het sy gelaatstrekke geleidelik sowel as sy karakter verander. ‘n Menigte geslagte, deur onkunde, bandeloosheid, en algemene verdorwenheid, het die mensdom so bevlek en ontsier dat, in die oorgrote meerderheid van die ras is die gelykenis na God nagenoeg vernietig. Die morele en intellektuele eienskappe is verdwerg; en die dierlike instinkte, oormatig ontwikkel, word nie meer deur die hoër gebalanseer nie. Die mens het tot so ‘n mate fisiese krag verloor dat, selfs met die hulp van mediese wetenskap, sy gemiddelde lewe sowat 30 jaar is, waarteenoor hy, in die begin, en met dieselfde straf, so 930 jaar oorleef het. Maar, alhoewel hy deur die sonde, en die gepaardgaande straf – die dood – wat in hom werk, so besoedel en verneder is, is die mens bestem om, gedurende en deur die duisendjarige bewind van Christus, tot sy oorspronklike volmaaktheid van verstand en liggaam, sowel as na heerlikheid, eer en heerskappy herstel te word.
Die dinge wat volgens en deur Christus herstel gaan word is daardie dinge
wat deur Adam se oortreding verloor is (Rom.5:18,19). Die mens het ‘n aardse
paradys verloor, nie ‘n hemelse een nie. Onder die doodsvonnis het hy nie ‘n
geestelike bestaan verloor nie, maar ‘n menslike een. Onthou, alles wat
verloor is, is deur sy Verlosser, Wie verklaar het “Want die Seun van
die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” teruggekoop. |
||
Perfect man is not a spiritual being. |
Boonop, het ons bewys dat die volmaakte mens nie ‘n geestelike wese is nie. Ons word vertel dat onse Here, voor Hy Sy heerlikheid verlaat het om mens te word, “in die gestalte van God was” (Filip.2:6) – ‘n Geestelike vorm, ‘n Geesteswese. Maar omdat, om ‘n losprys vir die mensdom te wees, Hy ‘n mens moes wees, van die selfde natuur as die sondaar wie se plaasvervanger Hy moes word, deur die dood, was dit nodig dat Sy natuur verander moes word.
En
Paulus vertel ons dat Hy nie die natuur van engele aangeneem het nie – een
stap laër as Sy eie, maar dat Hy twee stappe afgeklim het en die natuur van
die mens aangeneem het. Hy het mens geword. Hy het “vlees geword.”
(Heb.2:16; Filip.2:7,8; Joh.1:14) |
||
Let op dat hierdie vir ons nie alleenlik leer dat die engelagtige natuur nie die enigste rang van geesteswese is nie, maar ook dat dit ‘n natuur is wat laer is as dié van onse Here voor Hy mens geword het; en dat Hy toe nie so hoog was soos wat Hy nou is nie. Die Woord vertel ons, omdat Hy gehoorsaam was deurdat Hy die mens se gewillige losprys geword het: “Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is”, Phi 2:9. Hy beklee nou die hoogste rang van geesteswese, ‘n Deelnemer van die Goddelike natuur (Jahweh s’n.).
Maar ons vind nie alleenlik hierdeur bewys dat die Goddelike, engelagtige,
en menslike geaardhede geskeie en beslis is nie, maar ook dat daar bewys is
dat om ‘n volmaakte mens te wees is nie om ‘n engel te wees nie, enigsins
meer as dat die volmaaktheid van die engelagtige natuur impliseer dat engele
goddelik is, en gelyk aan Yahweh, nie. Jesus het nie die natuur van engele
aangeneem nie, maar ‘n verskillende natuur – die natuur van ‘n mens. Dit was
nie die onvolmaakte menslike natuur wat ons nou besit nie, maar die
volmaakte menslike natuur. Hy het ‘n mens geword. – nie ‘n verdorwe wese wat
amper dood was, soos die mense van vandag, nie, maar ‘n mens in die volle
forsheid van volmaaktheid.
|
|||
Jesus, being a perfect man, could keep a perfect law. |
So ook moes Jesus ‘n volmaakte mens gewees het of Hy kon nie die volmaakte wet onderhou het nie. Dit is die volle maatstaf van die vermoë van ‘n volmaakte mens. Daarby moes Hy ‘n volmaakte mens gewees het, andersins sou Hy nie die losprys (ooreenstemmende prys – I Tim.2:6) vir die verbeurde lewe van die volmaakte mens, Adam, kon gegee het nie.
Sou Hy in die minste graad nie volmaak gewees het nie, sou dit bewys het dat
Hy ook onder veroordeling was, en daarom sou Hy nie ‘n aanvaarbare slagoffer
gewees het nie. Ewemin kon Hy die wet van God volmaak onderhou het nie. ‘n
Volmaakte mens is verhoor, en gefaal, en is veroordeel. Net ‘n volmaakte
mens kon die ooreenstemmende prys van die Verlosser gegee het. |
||
Only a
perfect man could give a corresponding price for a perfect man. |
Nou het ons die vraag in ‘n ander vorm voor ons, naamlik, As Jesus in die vlees ‘n volmaakte man was, soos die Skrifte vir ons verklaar, bewys dit nie vir ons dat die volmaakte man ‘n menslike, vleeslike wese is nie – nie ‘n engel nie, maar effens laer as die engele? Die logiese gevolgtrekking is onmiskenbaar, en daarby het ons die geïnspireerde verklaring van die Psalmdigter (Psa.8:6-9) en Paulus se verwysing daarna in Hebreërs 2:7-9. |
||
|
Jesus was ook nie ‘n samestelling van die twee nature – menslik en geestelik – nie. Die samesmelting van die twee nature produseer nie die een of die ander nie, maar ‘n onvolmaakte hibridiese ding, wat aanstootlik is vir die Goddelike samestelling. Toe Jesus in die vlees was, was Hy ’n volmaakte mens, en voor hierdie tyd was Hy ‘n volmaakte geestelike Wese, en na Sy opstanding is Hy ‘n volmaakte Geestelike Wese van die hoogste, of Goddelike rang. Eers ten tye van Sy toewyding, selfs tot by die dood – soos deur Sy doop getipeer – op ouderdom van 30 jaar (manbaarheid, volgens die Wet, en daarom die regte tydstip om Homself as ‘n man toe te wy) het Hy die onderpand van Sy erfdeel van die Goddelike natuur ontvang (Matt.3:16,17). Die menslike natuur moes aan die dood toegewy word voor Hy eers die waarborg van die Goddelike natuur kon ontvang.
Eers toe die toewyding eintlik uitgevoer is, en Hy werklik die menslike
natuur opgeoffer het, selfs tot by die dood toe, het onse Here Jesus ‘n
volle deelhebber aan die Goddelike natuur geword. Nadat Hy ‘n man geword
het, het Hy tot die dood toe gehoorsaam geword.
“Daarom
het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is”,
(Phi
2:8,9).
As
hierdie skrif waar is, volg dit dat Hy tot die Goddelike natuur verhhog is
eers na die menslike natuur opgeoffer is – m.a.w. dood.
|
||
Jesus was not
a combination of two natures. Twice, |
|
||
Jesus gave an equivalent for what Adam lost. "For such an high priest became
us, who is holy, harmless, undefiled, |
Ons sien dus dat in Jesus was daar geen vermenging van nature nie, maar dat Hy twee keer ‘n verandering van natuur ondervind het – eers van geestelik na menslik, en daarna van menslik na die hoogste rang van die geestelike natuur, die Goddelike, en elke keer is die een vir ander opgeoffer. In hierdie pragtige voorbeeld van volmaakte mensdom, wat onbesoedeld voor die wêreld gestaan het totdat dit vir die verlossing van die wêreld opgeoffer is, sien ons die volmaaktheid waarvan, in Adam, ons ras geval het, en waarheen dit herstel gaan word. Deur die losprys vir die mens te word, het onse Here Jesus die teenwaarde van dit wat die mens verloor het, gegee, en daarom mag die hele mensdom weereens, deur geloof in Jesus Christus, en gehoorsaamheid aan Sy vereistes, nie ‘n geestelike natuur nie, maar ‘n heerlike, volmaakte menslike natuur ontvang – “Die wat verlore was.” Die volmaakte bevoegdhede en vermoëns van die volmaakte menslike wese mag onbepaald beoefen word, en op nuwe en verskillende onderwerpe van belangstelling, en die kennis en vaardighede mag grootliks vermeerder word, maar geen sulke vermeerdering in kennis of krag sal ‘n verandering van natuur tot stand bring, of dit meer as perfek maak nie. Dit sal maar net die uitbreiding en ontwikkeling van die menslike vermoëns wees. Die vermeerdering van kennis en vaardigheid sal ongetwyfeld, tot in alle ewigheid, die mensdom se geseënde voordeel wees. Tog sal hy nog mens wees, en sal maar besig wees om te leer hoe om die vermoëns van die menslike natuur, wat alreeds besit is, meer volledig te gebruik. Hy kan nie hoop – en sal ook nie begeer nie - om verder as die breë perke daarvan te vorder nie, want hy word tot die bestek van sy vermoëns beperk. Terwyl Jesus as ‘n man ‘n voorbeeld van volmaakte menslike natuur was, waarnatoe die hele mensdom herstel gaan word, tog is Hy, sedert Sy opstranding, die voorbeeld van die heerlike, Goddelike natuur wat die oorwinnende Kerk, by die opstanding, met Hom deelagtig sal wees. |
||
"There
are also celestial bodies, and bodies terrestrial; but the glory of the celestial is one, and the glory of the terrestrial is another." I Corinthians 15:40 |
Dit moet nie afgelei word dat, omdat die huidige eeu hoofsaaklik aan hierdie klas, wat ‘n verandering van natuur aangebied word, toegewyd is, en omdat die apostoliese sendbriewe aan die opleiding van hierdie “klein kuddetjie” toegewyd is, God se planne met die volbringing van hierdie uitverkore geselskap, tot ‘n einde kom nie. Ons moet aan die ander kant, ook nie na die ander uiterste gaan, en veronderstel dat die spesiale beloftes van die Goddelike Natuur, verheerlikte liggame ens., wat aan hulle gemaak is, is God se plan vir die hele mensdom is nie. Hierdie “grootste en kosbare beloftes” word aan hierdie uitverkorenes gemaak - bo en behalwe al die ander kosbare beloftes wat aan die hele mensdom gemaak word. Om die woord van die waarheid reg te sny, behoort ons op te let dat die Skrifte die volmaaktheid van die Goddelike natuur in die klein kuddetjie , sowel as die volmaaktheid van die menslike natuur in die herstelde wêreld, as twee aparte dinge erken. |
||
What is a spirit being? |
Ons moet nou, in die besonder, die vraag vra, “Wat is geesteswesens? Watter magte besit hulle? Aan watter wette is hulle onderdanig? Baie mense, omdat hulle nie die natuur van geesteswesens verstaan nie, glo dat dit maar ‘n mite is, en onder hierdie onderwerp is daar baie bygeloof. Maar dit is duidelik dat Paulus nie so ‘n opvatting gehad het nie. Alhoewel hy laat verstaan dat ‘n mens nie bekwaam is om die hoër, geestelike natuur te verstaan nie (I Kor.2:14), tog stel hy dit duidelik – asof hy teen enige mitiese of bygelowige begrippe wou waak – dat daar ‘n geestelike liggaam is, sowel as ‘n natuurlike (menslike) liggaam, ‘n hemelse sowel as ‘n aardse, en ‘n heerlikheid van die aardse sowel as van die hemelse. Soos ons alreeds gesien het, is die heerlikheid van die aardse deur die sonde van die eerste Adam verloor, en sal deur die Here Jesus en Sy Bruid (die Christus, die Hoof, en Sy Liggaam) gedurende die Duisendjarige heerskappy aan die ras terugversorg word. Die heerlikheid van die hemelse is tot dusver nog nie gesien nie, behalwe soos dit, deur die Gees deur die Woord, aan die oog van geloof geopenbaar word. Hierdie heerlikhede is beslis en afsonderlik (I Kor.15:38-49). Tot ‘n sekere mate weet ons wat is die natuurlike, aardse en wêreldse liggaam, want dit is wat ons nou het, alhoewel ons net by benadering die heerlikheid van sy volmaaktheid kan skat. Dit is vlees, bloed en bene; want “Wat uit die vlees gebore is, is vlees” en omdat daar twee onderskeie soorte liggame is, weet ons dat die geestelike – waaruit dit ook al bestaan – nie uit vlees, bloed en bene bestaan nie. “ ... en wat uit die Gees gebore is, is gees (Joh.3:6).
Maar wat ‘n geestelike liggaam is, weet on nie, want ,
“dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar …., aan Hom gelyk sal
wees,” soos ons Here Jesus.(I
Joh.3:2). |
||
Ons het geen rekord van enige wese, óf geestelik óf menslik, wat ooit van een natuur na ‘n ander verander is nie – met die uitsondering van Die Seun van God; maar dit is ‘n uitsonderlike geval, vir ‘n uitsonderlike doelwit. Toe God die engele gemaak het, het Hy ongetwyfeld bedoel dat hulle vir ewig engele moet bly, en so ook met die mens, elkeen op sy eie vlak volmaak. Ten minste, die Skrifte gee geen aanduiding van enige ander doelwit nie. Soos daar in die lewelose skepping, daar ‘n aangename en amper eindelose verskeidenheid is, is daar, in die lewende en verstandige skepping, die moontlikheid van dieselfde verskeidenheid in volmaaktheid. Elke skepsel is, in sy volmaaktheid, heerlik; maar, soos Paulus skryf, is die heerlikheid van die hemelse een soort heerlikheid, terwyl die heerlikheid van die aardse ‘n ander en verskillende soort heerlikheid is. |
|||
Spirit
beings
Spirit beings
|
Deur die feite aangaande ons Here Jesus na Sy opstanding te ondersoek, en ook die van die engele wie ook geesteswesens is, (“sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.” I Kor.2:13), mag ons sekere algemene inligting omtrent geesteswesens insamel. Eerstens, dan, engele mag teenwoordig tog onsigbaar wees, en is baie dikwels so.
Het hulle sigbaar of onsigbaar bedien? Ongetwyfeld die laasgenoemde. Elisa is deur ‘n horde Assiriërs omsingel. Sy kneg was vreesagtig. Elisa het aan die HERE gebid, en die jong man se oë het oopgegaan, en hy het gesien hoe was die berge rondom hulle vol “perde en waens van vuur rondom Elísa.” (II Konings 6:17). Weereens, vir Bíleam was die engel onsigbaar, maar vir die esel – met oop oë – het hom gesien. Tweedens, engele kan menslike liggame aanneem, en as manne voorkom. Die HERE en twee engele het so aan Abraham verskyn, en hy het aandete vir hulle laat voorberei, waarvan hulle geëet het. In die begin het Abraham veronderstel dat hulle drie mans was, en dit was eers toe hulle reg was om te vertrek dat hy ontdek het dat een die HERE was, en die ander twee engele. Dit was hierdie twee engele wat later afgegaan het Sodom toe, en Lot gered (Gen.18:1,2).
‘n
Engel het in die vorm van ‘n man aan Gideon verskyn, maar later homself
bekend gestel. ‘n Engel het aan die moeder en vader van Simson verskyn, en
hulle het gedink dat hy ‘n man was, totdat hy in die vlamme van die altaar
hemel toe opgevaar het (Rigters 6:11-22; 13:20). |
||
Spirit beings
are glorious and bright.
|
Derdens is geesteswesens, in hulle normale toestand, heerlik, en word dikwels as heerlik en helder beskryf. Die gedaante van die engel wat die klip van die ingang tot die graf weggerol het was soos die weerlig. Daniel het ‘n vlugtige blik van ‘n geestelike liggaam gesien, wat hy soos volg beskryf het: Dan 10:6 En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van ‘n menigte. Wat hy gehoor het, en sy reaksie, was soosvolg: Dan 10:9 En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ekbewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval. Dan 10:15 En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword. Dan 10:17 En hoe kan so ‘n geringe kneg van my heer met so ‘n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie. Saulus van tarsus het ook ‘n soortgelyke blik van die heerlike liggaam van Christus gesien soos dit bokant die helderheid van die middagson geskyn het. Saulus het sy sig verloor en op die grond neergeval. Tot dusver het ons gevind dat geesteswesens waarlik heerlik is; tog, sonder die die oopmaak van die mens se oë om hulle te kan sien, of hulle verskyning in die vlees as manne, is hulle vir die mensdom onsigbaar. Hierdie gevolgtrekking word verder bevestig wanneer ons die spesifieke besonderhede van hierdie manifestasies ondersoek. Net Saulus het die Here gesien, en sy reisgenote het Sy stem gehoor, maar niks gesien nie (Hand.9:7). Die manne wat saam met Daniel was het nie heerlike wese wat hy beskryf het gesien nie, maar ‘n groot vrees het op hulle neergedaal, en hulle het gehardloop en weggekruip. Weereens, hierdie heerlike wese het verklaar, (Dan 10:13) “maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan”. Het Daniel, die een vir wie die Here grootliks liefgehad het, voor hierdie een wat die vors van Persië vir een en twintig dae weerstaan het, asof hy dood was, neergeval? Hoe kan dit wees? Sekerlik het hy nie in sy heerlikheid aan die vors verskyn nie! Nee; of hy was onsigbaar by hom teenwoordig, of hy het as ‘n man verskyn.
Ons
Here, sedert Sy opstanding, is ‘n geesteswese, en gevolglik behoort
dieselfde magte as wat ons in die engele (geesteswesens) vertoon sien, ook
deur Hom besit word. En dit is die geval, soos ons meer volledig ‘n
volgende hoofstuk sal sien. |
||
Spiritual and
human natures are distinct. |
Daarom vind ons dat die Skrifte die geestelike en menslike nature as afsonderlik en onderskeie beskou, en voorsien geen bewyse dat die een in die ander sal ontwikkel of ontplooi nie. Inteendeel, hulle wys dat weinig ooit van die menslik tot die Goddelike natuur – waarna Jesus, hulle Hoof, alreeds verhef is – verander sal word. En hierdie opmerklike en spesiale kenmerk in Jehova se plan is vir die opmerklike en spesiale doelwit naamlik, die voorbereiding van hierdie as God se agente in die groot toekomstige werk: die herstelling van alle dinge. Kom ons ondersoek nou die terminologie. |
||
Mortality means death is possible. |
STERFLIKHEID EN ONSTERFLIKHEID Ons sal vind dat hulle ware betekenis in presiese harmonie is met wat ons geleer het uit ons vergelyking van Bybelse verklarings aangaande menslike en geestelike wesens, en aardse en hemelse beloftes. Baie vae betekenisse word gewoonlik aan hierdie woorde toegeken, en verkeerde begrippe aangaande hulle betekenisse veroorsaak verkeerde sieninge van die onderwerpe waarteenoor hulle in verband staan – in die algemeen en soos hulle in die Bybel gebruik word. „Sterflikheid” beteken ‘n staat of toestand van vatbaarheid aan die dood; nie ‘n toestand van dood nie, maar ‘n toestand waarin die dood ‘n moontlikheid is. „Onsterflikheid” beteken ‘n staat of toestand waarin die dood nie moontlik is nie; nie maar ‘n toestand van vrystelling van die dood nie, maar ‘n toestand waarin die dood ‘n onmoontlikheid is. Die algemene , maar foutiewe, begrip van sterflikheid is ‘n staat of toestand waarin die dood onvermydelik is, terwyl die algemene begrip van die beduidenis van onsterflikheid baie nader aan die waarheid is. |
||
Immortality means death is impossible. There is
confusion on mortality |
Die woord onsterflik beteken nie sterflik nie; en daarom selfs die struktuur van die woorde dui die ware omskrywings aan. Dit is weens die algemeenheid van die verkeerde begrip aangaande die woord sterflik dat so baie mense verward is wanneer hulle probeer vasstel of Adam, voor sy oortreding, sterflik of onsterflik was. Hulle redeneer dat as hy onsterflike sou gewees het, sou God nie gesê het, „For in the day that thou eatest thereof thou shalt surely die”nie, want dit is onmoontlik vir ‘n onsterflike mens te sterwe. Dit is ‘n logiese gevolgtrekking.
Aan
die ander kant, beweer hulle, sou hy sterflik gewees het, waaruit die
dreigement of straf van die verklaring „thou shalt surely die”
bestaan het, want, as hy sterflik was (volgens hulle verkeerde definisie),
sou hy in elk geval nie die dood kon vermy het nie? |
||
Mortal life is sustained by external elements.
|
Dit moet besef word dat die moeilikheid in die verkeerde betekenis wat aan die woord sterflikheid gegee word, lê. Pas die regte definisie toe, en alles word helder. Adam was sterflik – dit is in ‘n toestand waarin die dood ‘n moontlikheid was. Hy het die lewe in volle en volmaakte mate besit, maar nie inherente lewe nie. Sy lewe was ‘n lewe wat deur elke boom in die tuin gedra is, behalwe die een boom wat verbode was, en solank hy in gehoorsaamheid aan, en in harmonie met, sy Skepper volhard het, was sy lewe sekuur.
Die
steunende elemente sou nie weerhou word nie. In dié lig gesien, het Adam
lewe gehad, en die dood was heeltemal vermydelik, tog was hy in so ‘n
toestand dat die dood moontlik was. Hy was sterflik.
|
||
Die vraag ontstaan, dan, as Adam sterflik was, en onder verhoor gestaan het, was hy in verband met onsterflikheid onder verhoor? Die algemene antwoord sal Ja wees. Ons antwoord,\Nee. Sy verhoor was om te bepaal\of hy waardig of onwaardig was om in die lewe wat hy klaar besit het, aan te gaan. Aangesien dit nêrens belowe is dat as hy gehoorsaam was sou hy onsterflik word, is ons verplig om al sulke bespiegelinge uit die bespreking te los. Hy is belowe dat, solank hy gehoorsaam was, die seëninge wat tot dusver geniet het, sou aanhou. Aan die ander kant, was daar die dreigement dat, as hy ongehoorsaam sou wees, hy sy lewe sou verloor – sou sterwe. Dit is die valse begrip oor die betekenis van die woord sterflik wat mense lei om, in die algemeen, tot die beslissing te kom dat alle wesens wat nie sterf nie, is onsterflik. Daarom plaas hulle in hierdie klas ons hemelse Vader, onse Here Jesus, die engele, en die hele\ mensdom. Dit is eintlik ‘n fout, want die groot skare van die mensdom wat uit die sondeval gered word, sowel die engele in die hemel, sal altyd sterflik wees. Alhoewel hulle in ‘n toestand van volmaaktheid en saligheid verkeer, sal hulle altyd die natuur besit wat aan die dood – die loon van die sonde – kan ly, sou hulle ooit sonde pleeg.
Die
sekerheid van hulle bestaan sal – soos in die geval van Adam – van
gehoorsaamheid aan die heel-wyse God, Wie se geregtigheid, liefde en wysheid
en mag alle dinge vir goed laat saamwerk vir diegene wat Hom liefhet en
dien, afhanklik wees. Dit sal gedemonstreer word deur die manier waarop Hy,
in die huidige tydperk, die sonde behandel. |
|||
Only the Divine Nature is immortal. The great mass of mankind will always be mortal. Satan is to be destroyed, |
Nêrens in die Bybel word dit gestel dat engele onsterflik is, ook nie dat die herstelde mensdom onsterflik sal wees nie. Inteendeel, onsterflikheid word alleenlik aan die Goddelike natuur toegeskryf – oorspronklik net aan Jahweh, maar agterna aan ons Here Jesus in Sy huidige hoogs verhewe toestand; en uiteindelik deur ‘n belofte aan die kerk – die liggaam van Christus – wanneer hulle met Hom verheerlik is. I Tim. 6:16; Joh. 5:26; 2 Pet. 1:4; 1 Kor. 15:53,54.
Nie alleenlik het ons bewyse dat onsterflikheid alleenlik aan die Goddelike
natuur behoort nie, maar ons het die bewys dat engele sterflik is, volgens
die feit dat satan – wie eens op ‘n tyd die hoof onder die engele was –
vernietig gaan word (Heb.2:14). Die feit dat hy vernietig kan word bewys dat
engele, as ‘n klas, sterflik is. |
||
In die lig aanskou, sien ons dat wanneer verharde sondaars uitgewis word, vir ewig in vreugde, blydskap en liefde sal lewe. Die eerste klas besit ‘n natuur wat onmoontlik kan sterwe, omdat hulle ingebore lewe besit – lewe in hulself (Joh.5:26). Die tweede klas het ‘n lewe wat nie teen die dood bestand is nie, maar, omdat hulle in wese volmaak is, en die bose en die sondigheid van sonde ken, verskaf hulle geen rede vir die dood nie. Omdat hulle deur God se wet goedgekeur is, sal hulle vir ewig met die elemente wat nodig is om hulle in volmaaktheid te onderhou, voorsien word, en sal nooit sterwe nie. |
|||
Man being
mortal destroys the doctrine of eternal torment. "The soul |
Die regte konnotasie van die betekenis van die uitdrukkings sterflik en onsterflik, en die aanwending daarvan in die Bybel, vernietig die werklike fondasie van die leerstelling van die ewige foltering. Dit is op die onbybelse teorie dat God die mens onsterflik geskape het, dat sy bestaan geen einde het nie, en dat God hom nie kan vernietig nie, gebaseer. Daarom is die redenasie dat die onverbeterlike iewers en êrens moet aanhou lewe, en die gevolgtrekking is dat, omdat hulle buite harmonie met God is, hulle ewigheid een van ellende moet wees.
Maar God se Woord verseker ons a) dat hy voorsiening teen so ‘n verewiging
van sonde en sondaars ingestel het; b) dat die mens sterflik is, en c) dat
die volle straf op moedswillige sonde teen volle lig en kennis, nie ‘n lewe
in foltering sal wees nie, maar ‘n tweede dood. „Die siel wat sondig, dié
moet sterwe.” |
||
„WIE IS JY WAT TEEN GOD ANTWOORD?” ROMEINE 9:20 Sommige mense het die verkeerde begrip dat geregtigheid vereis dat God geen verskil maak nie in die skenking van Sy gunste onder Sy skepsels, en dat as Hy een persoon na ‘n hoë status verhewe, dan, volgens geregtigheid moet Hy vir almal dieselfde doen, tensy dit bewys kan word dat sommige hulle regte verbeur het, in welke geval hulle na ‘n laer status toegeskryf word. |
|||
God had a
right to create Jesus higher than the angels. |
As hierdie beginsel reg sou wees, sou dit bewys dat God geen reg gehad het om Jesus hoër as die engele te skape, en verder, om Hom verder te verhef na die status van ‘n Goddelike natuur, tensy Hy van voorneme was om vir al die engele en al die mense dieselfde te doen nie. En om hierdie beginsel nog verder te neem, as sommige mense hoogs verhewe sou word, en deelnemers aan die Goddelike natuur gemaak word, moet all mense uiteindelik na dieselfde status verhewe word.
Nou, hoekom moet ons nie dieselfde beginsel na die uiterste perke dra, en
dieselfde wet van opklimming aan die diere en insekte van die skepping
toepas nie? As ons dit doen kan ons sê dat, aangesien hulle almal God se
skepsels is, moet hulle almal uiteindelik die hoogste vlak van die bestaan –
die Goddelike natuur – bereik. Hierdie is ‘n duidelike absurditeit , maar
net so sinlik soos enige ander afleiding uit hierdie voorgewende beginsel. |
||
Daar sal miskien niemand wees wat geneig sal wees om hierdie foutiewe opvatting so ver te vat nie. Tog, as dit ‘n beginsel sou wees wat in eenvoudige geregtigheid gebaseer was, hoe kan dit by ‘n mindere doelwit vassteek en nog regverdig wees? En as dit werklik die plan van God was, waar sou die aannemende verskeidenheid in al Sy werke wees? Maar dit is nie God se plan nie. Maar die natuur, albei lewend en leweloos, vertoon die heerlikheid en diversiteit van Goddelike mag en wysheid. En soos Dawid skryf in Psa.19:1, “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.” – en dit in wonderbare verskeidenheid en skoonheid – soveel te meer sal Sy verstandige skepping die hoogstaande heerlikheid van Sy mag in al sy verskeidenheid tentoonstel. Ons kom tot die gevolgtrekking – uit die besliste leering uit die Woord van God, en uit redenasie en van die analogieë van die natuur. |
|||
Justice understood. |
Dit is baie belangrik dat ons die regte begrip aangaande die geregtigheid moet hê. ‘n Guns moet nooit as ‘n regverdige verdiende vergoeding beskou word nie. ’n Optrede van eenvoudige geregtigheid is geen geleentheid vir spesiale dankbaarheid nie, en is ook nie bewys van liefde nie. God beveel Sy groot liefde aan Sy skepsels in ‘n oneindige trein onverdiende gunste wat hulle liefde en lofprysing as antwoord uitroep. |
||
God het die reg, as Hy so sou verkies het, om ons Sy skepsels vir net ‘n kort tydjie te gemaak het, self as ons nooit gesondig het nie. Hy het, inderdaad, sommige van Sy laer skepsel so gemaak. Hy kon ons toegelaat het om Sy seëninge vir ‘n kort seisoen te geniet het, en toe, sonder ongeregtigheid, ons sommer uitgewis het. Eintlik, selfs so ‘n kort bestaan sou ‘n guns gewees het. Dit is alleenlik deur Sy guns dat ons eers ‘n bestaan geniet. |
|||
|
Hoeveel groter guns is die verlossing van die bestaan wat eers deur sonde verbeur is nie? En verder, dit is deur God se guns dat ons mense is, en nie diere nie. So ook, dit is alleenlik deur God se guns dat engele, deur hulle natuur, effens hoër as die mensdom is. Daarby is dit ook God se guns dat die Here Jesus en Sy Bruid aan die Goddelike natuur deelnemers geword het. Daarom betaam dit al Sy intelligente skepsels om alles wat God aan ons skenk, met dankbaarheid te ontvang. Enige ander gees verdien regverdiglik veroordeling, en as dit vrye loop gegee word, sal dit in vernedering en vernietiging eindig. ‘n Mens het geen reg om ‘n engel te wil wees nie, omdat hy nooit na daardie gestalte genooi is nie. So ook het geen engel die reg om ‘n deelnemer aan die Goddelike natuur te wees nie, want dit is nooit aan hom aangebied nie.
|
||
|
Gedeeltelik as gevolg van valse begrippe oor geregtigheid, en gedeeltelik weens ander oorsake, was die onderwerp van uitverkiesing, soos in die Skrifte geleer, dikwels die fokuspunt van baie twis en misverstand. Min sal ontken dat die Bybel kiesing leer, maar die basis waarop die kiesing of uitverkiesing gebaseer is, is ‘n onderwerp van aansienlike verskil van opinie. Sommige beweer dat dit ‘n arbitrêre, onvoorwaardelike uitverkiesing is, en ander weer dat dit voorwaardelik is. Ons glo dat daar ‘n mate van waarheid in albei standpunte is. Van God se kant af is ‘n uitverkiesing die uitvoering van Sy keuse vir ‘n sekere doelwit, amp of voorwaarde. God het verkies dat sekere van Sy skepsels engele moet wees, en dat ander mense moet wees, of diere, voëls, insekte ens. Hy het ook verkies dat sekeres Sy eie Goddelike natuur moet besit. En alhoewel God, volgens sekere voorwaardes, almal wat tot die Goddelike natuur toegelaat gaan word uitsoek, tog kan dit nie gesê word dat hierdie skepsels dit meer werd is as ander nie. Dit is suiwer uit guns uit dat enige skepsel op enige vlak kan bestaan. |
||
“So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is”. Goedheid of guns. ( Rom 9:16) Die rede dat God die uitverkorenes uitgenooi het om deel te hê aan die Goddelike natuur is nie net omdat die uitverkorenes beter was as die ander nie, want Hy het die engele, wat nie gesondig het nie, verbygesteek, en sommige van die verlosde sondaars na die Goddelike eerbewyse geroep. God het die reg om met Sy eie te doen wat Hy wil, en Hy verkies om hierdie reg aan te wend vir die volvoering van Sy planne. Omdat alles wat ons besit is dan van Goddelike guns, Rom 9:20,21 |
|||
Hath not the potter power |
Almal is deur dieselfde Goddelike mag geskape – sommige om ‘n hoër natuur en groter eer te geniet, terwyl die ander ‘n laer natuur en minder eer te besit.
|
||
Niemand het die reg om vir God voor te skryf nie. As Hy die aarde gevestig het, as Hy dit nie tevergeefs geskape het nie, maar dit gemaak het om deur herstelde, volmaakte mense bewoon te word, wie is ons om teen God te antwoord, en te sê dat dit onregverdig is om hulle natuur nie te verander sodat hulle almal deelnemers aan ‘n geestelike natuur, soos die van die engele, of soos Sy eie Goddelike natuur, kan wees, nie? Hoeveel meer betaamlik sal dit nie wees nie om na God se Woord te kom en te “vra” aangaande die toekoms, eerder as om te durf om aan Hom voor te skryf dat Hy ons voorstelle moet uitvoer? Here, weerhou U kinders van verwaande sondes, en laat nie toe dat hulle oor ons heers nie. Ons glo dat geeneen van God se kinders bewustelik aan die Here voorskryf nie, en tog hoe maklik en amper onbewustelik val so baie in hierdie dwaling. |
|||
The human race are Gods children by creation the work of his hands. |
Die mensdom is, deur die Skepping, God se kinders – die werk van Sy hande, en Sy plan aangaande hulle is duidelik in Sy Woord geopenbaar. Paulus skryf dat die eerste man (wie ‘n voorbeeld was van wat die ras sou wees wanneer hulle volmaak is) van die aarde was, aards, en dat sy nageslag - met die uitsondering van die Evangelie Kerk – nog steeds in die opstanding, aards sal wees, menslik, tot die aarde aangepas (I Kor. 15:38,44). Dawid verklaar dat die mensdom ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak is, en met aansien, eer en heerlikheid ens., gekroon is (Psa.8:4-8). Daar is nog. Petrus, ons Here Jesus, en al die profete van die skepping van die aarde af, verklaar dat die menslike ras na daardie heerlike volmaaktheid herstel gaan word, en sal weer, net soos ons verteenwoordiger Adam gehad het, heerskappy oor die aarde hê (Hand.3:19-21). Dit is hierdie porsie was God besluit het om vir die mensdom te skenk En wat ‘n heerlike porsie! |
|
Maak jou oë vir ‘n oomblik toe, aangaande die tonele van ellende en wee, degradasie en verdriet, wat nog, weens sonde, nog seëvier, en sien in jou geestesoog die heerlikheid van die volmaakte aarde. Nie eers een skandvlek van sonde skend die harmonie en vrede van ‘n volmaakte gemeenskap nie – nie een bitter gedagte nie, nie ‘n onwelwillende blik of woord nie. Die liefde wat uit elke hart uitborrel ontmoet ‘n gelyksoortige weerklank in al die ander harte, en welwillendheid kenmerk elke optrede. Daar sal nie meer siekte wees nie, nie eers ‘n smart f ‘n pyn nie, ook geen bewys van verval nie – nie eers die vrees vir sulke dinge nie. Dink aan al die beelde van vergelykende gesondheid en skoonheid van die menslike liggaam en kenmerk wat u ooit al gesien het, en weet dat die volmaakte mensdom van nog oortreffende beminlikheid sal wees. Die innerlike reinheid en verstandelike en morele volmaaktheid sal elke glansryke gelaat bestempel en verheerlik. So sal die samelewing van die aarde wees, en die trane van die wenende bedroefdes sal weggevee word, en hulle sal dan die volslae werk van die opstanding begryp (Open.21:4). |
Man will be
absorbed and enraptured with the glory on the human plane.
As God rejoices
|
En dit is net die verandering in die menslike samelewing. Ons moet ook in oënskou neem dat die aarde, wat geskape is om deur presies so ‘n ras wesens bewoon te word, moet ‘n gepaste en innemende woonplek vir hulle wees, net soos deur die Edense paradys – waarin die verteenwoordigende mens eers geplaas is – verteenwoordig word. Die Paradys sal herstel word. Die aarde sal nie meer dorings en wilde rose voortbring nie, en sal ook nie die sweet van ‘n mens se gesig vereis om sy brood te verdien nie. Die aarde sal maklik en natuurlik sy opbrengs gee. Isa 35:1 “Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ‘n narsing;” Die laer skepping – die diere – sal volmaak wees, gewillige en gehoorsame bediendes. Die natuur, met al sy aangename verskeidenheid, sal van elke rigting, na die mensdom roep om die heerlikheid, mag en liefde van God te soek en te ken, en die verstand en die hart van die mens sal in hom juig. Die gejaagde verlange na iets nuuts, wat nou so algemeen is, is nie ‘n natuurlike toestand nie, maar ‘n onnatuurlike, as gevolg van ons onvolmaaktheid en ons huidige onbevredigende omstandighede. Dit is ongoddelik om rusteloos na iets nuuts te verlang. Daar is niks nuuts vir God nie, en Hy verbly Hom in dinge wat oud en volmaak is. So sal dit ook met die mens wees wanneer hy na die beeld van God herstel word. Die volmaakte mens, weens ‘n verskillende natuur, sal nie die heerlikheid van geestelike wese ten volle ken of waardeer nie, en daarom sal hy dit nie verkies nie. Dink net aan die visse en voëls, wat, vir dieselfde rede, hulle eie natuur se geselskap, verkies en geniet. Die mens sal so met die heerlikheid wat hom op die menslike vlak omhels, in beslag geneem en in vervoering word, dat hy geen strewe na, of voorkeur vir, ‘n natuur of omstandighede anders as wat hy reeds besit nie. ‘n Vinnige blik na die huidige ervaring van die Kerk sal dit illustreer. Hoe moeilik sal dit wees vir die wat ryk is aan die wêreldse goedere om in die koninkryk van God in te gaan. Die min goeie dinge wat in hulle besit is, sal, selfs onder die heerskappy van die bose en die dood, die menslike natuur so bevange neem dat ons spesiale hulp van God nodig het om ons visioen en doelwit op die geestelike beloftes gevestig te hou. |
|
What is
Gods plan for the Christian church? |
Dat die Kerk van Christus - die liggaam van Christus – ‘n uitsondering uit God se algemene plan vir die mensdom is, is duidelik uit die verklaring dat sy uitverkiesing, voor die grondlegging van die aarde, in die Goddelike plan bepaal is (Efes.1:4,5). Op daardie tydstip het God nie alleenlik die val van die mensdom in sonde voorsien nie, maar ook die regverdiging, die heiliging en verheerliking van die klas, voorbestem. Hy het hulle, gedurende die Evangelietydperk, uit die wêreld uitgeroep om na die beeld van Sy Seun in ooreenstemming te wees – om aan die goddelike natuur deel te hê, en saam met Christus, mede-erfgename van die Duisendjarige Koninkryk vir die bevestiging van algehele regverdigheid en vrede te wees (Rom.8:28-31). | |
The Church is being selected for a purpose. The church class |
Hierdie bewys dat die uitverkiesing of keuse van die Kerk ‘n voorafbepaalde
ding was wat God aanbetref. Nogtans moet ons oplet dat dit nie ‘n
onvoorwaardelike uitverkiesing van die afsonderlike lede van die Kerk was
nie. Voor die grondlegging die aarde het God bepaal dat so ‘n groep mense
vir so ‘n doel gedurende ‘n beperkte tydperk (die Evangelietydperk)
uitverkies moet word. Terwyl ons nie mag twyfel dat God die optrede van elke individuele lidmaat van die Kerk sou vooruitsien nie, en dat Hy sou vooraf geweet het presies wie waardig sou gewees het, en daardeur die lidmate van daardie “klein kuddetjie” sou uitmaak, tog is dit nie die wyse waarop God se Woord die leerstelling van uitverkiesing voorstel nie. Dit was nie die gedagte van individuele uitverkiesing wat die apostels wou inskerp nie, maar dat ‘n klas mense in God se doelwit vooraf bestem was om die eerbare posisie te vul. Die uitverkiesing van hierdie klas sou volgens voorwaardes van strawwe beproewinge van geloof en gehoorsaamheid, en die opoffering van aardse voorregte ens., selfs tot by die dood. Dus, deur ‘n individuele beproewing, en deur individueel te oorwin, is die individuele lede van die voorafbepaalde klas geleidelik in die seëninge en voordele wat God vir hierdie klas voorbestem het, aanvaar. |
|
"Glorified"
signifies "Honored."
|
Die woord
“verheerlik” in Rom.8:30, kom van die Griekse woord doxazo, en beteken om
geëerd te wees. Die posisie waarheen die Kerk uitgenooi word is een van
groot eer. Geen mens kan eers daaraan dink om so ‘n posisie te begeer nie.
Selfs ons Here Jesus is eers genooi voor Hy daarna geaspireer het, soos ons
lees in Heb.5:5:
Die Hemelse Vader het ons Here Jesus op die wyse geëer; en die hele uitverkore liggaam, wie mede-erfgename met Hom sal wees, sal so met Jahweh se eerbetoning geëer word. Die Kerk, net soos die Hoof daarvan, ervaar die aanvang van die “eer” wanneer hulle, deur die woord van waarheid, na ‘n geestelike natuur, uit God gebore is (Jak.1:18). Wanneer hulle, as Geestelike wesens – na die beeld van die verheerlikte Hoof, uit die Gees gebore word, sal hulle ten volle in die eer ingebring word. Diegene wie God op so ‘n manier wil eer, moet volmaak en rein wees, en omdat ons, deur erfenis, sondaars is, het Hy ons nie net na die eer genooi nie, maar het ook regverdiging van die sonde deur die dood van Sy Seun, voorsien, en sodoende ons in staat gestel om die eer waarnatoe Hy ons roep, te ontvang. |
|
Called,
chosen, and faithful. |
In
die uitverkiesing van die klein kuddetjie, maak God ‘n baie algemene
uitnodiging. “
...baie is geroep.”
Nie almal word geroep nie. Eers, gedurende ons Here se bediening, was die
uitnodiging tot Israel na die vlees beperk. Nou word almal wat die dienaars
van God ontmoet (Lukas 14:23) aangespoor of verplig - maar nie gedwing nie
– om na hierdie spesiale fees van guns te kom. Maar nie almal wat hoor en kom is waardig nie. Die bruilofskleed (die toegeskrewe regverdigheid van Christus) word voorsien, maar sommige sal hulle nie aantrek nie, en moet verwerp word. Van diegene wat wel die kleed van regverdiging aantrek, en die eer van geboorte in ‘n nuwe natuur ontvang, is daar sommige wat versuim om hulle roeping en verkiesing, deur getrouheid aan hulle verbond, te verseker. Van diegene wat waarding is om saam met die Lam in Heerlikheid te verskyn, word dit verklaar dat hulle Geroepe, en uitverkore en getrou genoem word (Op. 14:1; 17:14). |
|
The call is conditional. |
Die
roeping is werklik. Die vasberadenheid van God om ‘n kerk uit tye kies en te
vestig is onveranderbaar, maar wie die uitverkore klas sal uitmaak is wel
voorwaardelik. Almal wat aan die voorafbepaalde eerbewyse deel wil hê, moet
die voorwaardes van die roeping vervul. In
Heb 4:1
staan dit duidelik:
Die groot guns is nie van hom wat wil nie, en ook nie van hom wat hardloop nie, maar dit is aan hom wat wil, en aan hom wat hardloop, wanneer hy geroep word. |
|
Ons vertrou dat, siende dat ons God se absolute reg en doelwit om te doen wat Hy wil met Sy eie, geregverdig het, vestig ons nou die aandag aan die feit dat die beginsel wat die skenking van al God se gunste, die algemene welsyn van almal karakteriseer. |
||
There is no blending of natures. |
Terwyl ons die gesag van die Skrifte bespreek, verklaar ons dat dit ‘n bevestigde feit is dat die menslike en geestelike nature afsonderlik en verskillend is – dat die vermenging van die twee nature geen deel van God se ontwerp uitmaak nie. Inteendeel, dit sou ‘n onvolmaaktheid wees. Ook, die verandering van een natuur na die ander toe is nie die voorskrif nie, maar die uitsondering, soos in die geval van Christus. Dit word ‘n onderwerp van baie diepe belangstelling om uit te vind presies hoe die verandering uitgevoer gaan word, op watter voorwaardes dit bereik kan word, en op watter wyse dit uitgevoer gaan word. |
|
The change of nature from human to divine is a reward.
|
Die
voorwaardes waarvolgens die kerk saam met haar Here na die goddelike natuur
verhef mag word (II Pet. 1:4) is presies dieselfde as die voorwaardes waarop
Hy dit ontvang het, naamlik om in Sy voetspore te wandel (I Pet.1:21), om
haarself as ‘n lewende slagoffer aan te bied, presies soos Hy gedoen het, en
dan getrou die eed van toewyding te voltrek totdat die slagoffer in die dood
eindig. Die verandering van die natuur uit die menslik in die goddelike in, is as ‘n beloning gegee aan diegene wie, gedurende die evangelietydperk die menslike natuur, met al die gepaardgaande belange, verwagtinge en doelstellings – huidiglik en toekomstig – selfs as dit die dood sal beteken - net soos ons Here gedoen het- opoffer. In die opstanding sal sulkes ontwaak – nie om die geseënde herstel na menslike volmaaktheid – met al sy gepaardgaande seëninge - met die res van die mensdom te deel nie, maar om die ooreenkoms en heerlikheid en vreugde van die Here deelagtig te wees – as deelnemers met Hom van die goddelike natuur (Rom.8:17; II Tim.2:12). |
|
The New
Nature: Begetting, and then a Birth.
|
Die
begin en ontwikkeling van die nuwe natuur word met die begin en ontwikkeling
van die menslike lewe vergelyk. Net soos daar in die een geval ‘n
verwekking is wat deur ‘n geboorte gevolg word, so ook in die ander geval.
Die heiliges is, volgens die Woord van God, uit God, deur die Woord van die
waarheid, gebore (I Pet.1:3; I Joh. 5:18; Jak.1:18). Met ander woorde,
hulle ontvang – van God deur Sy Woord – die eerste aansporinge in die
goddelike lewe. Wanneer hulle – nadat hulle vrylik, deur geloof in die losprys, geregverdig word, hulle die roepstem hoor wat sê, Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens: en wanneer hulle, in gehoorsaamheid aan daardie roepstem, hulle hulle geregverdigde menslikheid aan God toewy, as ‘n lewende offer langs dié van Jesus, word dit deur God aanvaar. In daardie einste optrede lê die begin van die geestelike lewe. Diegene begin dadelik volgens die aansporing van die nuwe (vervormde) verstand te dink en optree. Dit gaan sover as die kruisiging van die menslike begeerlikhede. Van die oomblik van hulle toewyding af, tel God hulle onder die “nuwe skepsels.” |
|
Embryo "New Creature" development |
Daarom, wat hierdie embrionale “nuwe skepsels” betref, sal die ou dinge
(menslike begeerlikhede, verwagtinge en planne) verbygaan, en alle dinge
word nuut. Die embrionale “nuwe skepsel” volhou om te groei en ontwikkel,
gepaardgaande met die kruisiging van die menslike ou natuur met sy
verwagtinge, doelstellings en begeertes ens. Hierdie twee prosesse vorder
tegelykertyd, van die oomblik af wanneer toewyding begin, tot die dood van
die mens en die gevolglike geboorte van die geestelike. Soos die Gees van God aanhoudend, deur Sy Woord, meer en meer van Sy planne oopvou, verkwik Hy daardeur selfs ons sterflike liggame (Rom.8:1). Dit bemagtig hierdie sterflike liggame om diens aan Hom te lewer. Maar onthou, ons sal mettertyd nuwe liggame gegee word – geestelik en hemels, en in alle opsigte aan die nuwe goddelike verstand, aangepas. |
|
The First Resurrection |
Die geboorte van die “nuwe skepsel lê in die opstanding (Kol.1:18); en die opstanding van hierdie klas word die eerste (of keuse) opstanding benoem (Openb.20:6). Dit moet onthou word dat ons, alvorens die opstanding plaasvind, nog nie eintlike geesteswesens is nie, al word ons as sulks bereken van die oomblik af wat ons die gees van aanneming ontvang (Rom.8:15; 23-25; Efes.1:13,14; Rom.6:10,11). Wanneer ons werklik geesteswesens word, d.w.s as ons uit Gees gebore is, sal ons nie meer vleeslike wesens wees nie, want “wat uit die Gees gebore is, is gees” (Joh.3:6). |
|
Consecration |
Hierdie geboorte in die geestelike natuur in, gedurende die opstanding, moet
deur die verwekking van die Gees tydens toewyding. Dit is net so seker soos
die feit dat geboorte in die vlees deur verwekking in die vlees voorafgegaan
is. Almal wat in die vlees, na die gelykenis van die eerste Adam, gebore is
– m.a.w. die aardse – is eers in die vlees verwek. Sommige van hierdie is
weer verwek, hierdie keer deur die Gees van God deur die woord van waarheid,
sodat hulle op die regte tyd, in die hemelse gedaante, gedurende die eerste
opstanding, in die Gees gebore kan word. 1 Kor 15:49 “En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons(die Kerk) ook die beeld van die hemelse dra”. Sien ook Heb.6:6. |
|
Renewing your
minds a transforming work
|
Al
is die aanvaarding van die hemelse roeping, en ons toewyding daaraan, in een
spesifieke oomblik bepaal word, is die bring van elke gedagte in harmonie
met die gedagtes van God ‘n geleidelike proses. Dit behels die geleidelike
hemelwaartse buiging van alles wat uit natuur uit na die aarde toe buig. Die
Apostel noem hierdie proses ‘n werk wat verander.
Rom 12:2
Ons moet oplet dat hierdie woorde van die Apostel word nie aan die ongelowige wêreld gerig nie, maar aan diegene wie hy as broeders erken, soos deur die voorafgaande skrif bewys word - Rom 12:1 ”Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.” |
|
Transformation
of character and nature.
|
Dit
word algemeen geglo dat wanneer ‘n man bekeer, of van sondigheid na
regverdigheid, en van ongeloof en teenkanting teen God, na vertroue op Hom,
omdraai, is dit die verandering wat Paulus bedoel het. Dit is waarlik ‘n
groot verandering, ja, ‘n verandering, maar nie die verandering waarna
Paulus hier verwys nie. Daardie is ‘n verandering van karakter, maar Paulus
verwys na ‘n verandering van natuur wat gedurende die Evangelietydperk, op
sekere voorwaardes, aan gelowiges belowe word, en hy het gelowiges
aangemoedig om hierdie voorwaardes na te kom. Sou so ‘n verandering van karakter nie alreeds in diegene wie hy toegespreek het alreeds plaasgevind het nie, sou hy nie vir hulle broeders kon genoem het nie – broeders wat ook iets besit het wat heilig en aan God welgevallig was, en wat hulle as ‘n offer aan God kon gebring het. Alleenlik diegene wat in die bevryding deur die geloof geregverdig is, word deur God as heilig en aanvaarbaar bereken. Die verandering in natuur gebeur in diegene wat, gedurende die Evangelietydperk, hulle geregverdigde menslikheid as ‘n lewende offer aanbied – net soos Jesus Sy volmaakte menslikheid as ‘n offer gegee het, en alle regte en aanspraak op toekomstige menslike bestaan verbeur het. Hy het ook huidiglike menslike bevrediging, voorregte, regte ens. verontagsaam. Die eerste ding wat opgeoffer word is die menslike wilskrag. Daarna mag ons nie deur ons eie wil of die wil van ander mense gelei word nie, maar alleenlik deur goddelike wil. Die goddelike wil word ons wil, en ons bereken ons die menslike wil as nie ons s’n nie, maar as die wil van ‘n ander, wat verontagsaam en opgeoffer moet word. Omdat die goddelike wil ons s’n geword het, begin ons te dink, redeneer, en beoordeel vanuit die goddelike standpunt. God se plan word ons plan, en God se weë word ons weë. Niemand wat nog nie hulself in goeie geloof as ‘n offer neergelê het nie, sal hierdie verandering ten volle nie verstaan, en dit gevolglik nie ervaar nie. Voorheen sou ons miskien enigiets wat nie werklik sonde was nie, geniet het, omdat die wêreld en al die goeie dinge daarin, is vir die mens se genot gemaak. Die enigste moeilikheid was om die sondige geneigdhede te beteuel. Maar die toegeweide, die veranderde, moet sowel as die poging om sonde te beteuel, die huidige goeie dinge opoffer, en al hulle energie aan hulle diens aan God toewy. Diegene wat in diens en opoffering getrou is, sal werklik daagliks besef dat hierdie wêreld nie hulle rusplek is nie, en dat hulle geen aanhoudende stad het nie. Hulle harte en verwagtinge sal na die die sabbatsrus wat vir die volk van God oorbly, gerig word (Heb. 4:9). Daardie geseënde hoop sal, op sy beurt, die mense verkwik en inspireer tot aanhoudende offers. |
|
The "earnest" |
Daarom, deur toegewydheid, word die verstand vernuwe of verander, en die
begeerlikhede, hope en doelstellings begin om na die geestelike en
onsienlike dinge wat belowe is, op te vaar, terwyl die menslike hope ens.
sterf. Diegene wat so verander is, of in die proses van verandering is, word
as “nuwe skepsels” bereken, deur God verwek, en in dié mate deelnemers aan
die goddelike natuur. Wees goed bewus van die verskil tussen hierdie “nuwe
skepsels” en daardie gelowiges en “broeders” wat maar net geregverdig is.
Diegene wat in die tweede klas sorteer is no op aarde, aards, en, bo en behalwe hulle sondige begeerlikhede, is hulle hope, ambisies, en doelwitte van so ‘n aard dat hulle ten volle, gedurende die beloofde regstelling van all dinge, bevredig word. Maar diegene van die vorige klas is nie van hierdie wêreld nie, net soos Christus nie van hierdie wêreld is nie, en hulle verwagtinge word in die onsienlike dinge gesentreer, waar Christus aan die regte hand van God gesetel is. Die vooruitsig van aardse heerlikheid, wat aan die natuurlike mens so bekoorlik is, sou nie meer ‘n bevredigende porsie wees nie vir diegene wat in hierdie hemelse verwagting verwek is – vir diegene wat die heerlikhede van die hemelse beloftes sien, en wat die porsie wat aan hulle in die goddelike plan toegedien is, waardeer. Hierdie nuwe, goddelike verstand is die onderpand van ons erfdeel van die volledige goddelike natuur – verstand en liggaam. Sommige mag deur hierdie uitdrukking – ‘n goddelike liggaam - ietwat verras wees, maar ons word vertel dat Jesus nou die presiese afdruksel van Sy Vader se wese is, en dat die oorwinnaars “weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” (I Joh.3:2). “Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam (I Kor.15:44). Daar is glad nie eers ‘n moontlikheid dat ons ons goddelike Vader of ons Here Jesus as maar net groot verstande, sonder liggame, sal kan verbeel nie. Hulle liggame is verheerlikte, geestelike liggame, maar dit is nog nie aan ons verduidelik hoe groot is die heerlikheid nie. Eers as ons aan die goddelike natuur deelgenote is, sal ons dit kan verstaan. |
|
Transforming
of the mind gradual Change of the body instantaneous |
Terwyl hierdie transformasie van die verstand van menslik tot geestelik, ‘n geleidelike proses is, sal die verandering van ‘n menslike liggaam tot ‘n geestelike liggaam nie geleidelik maar oombliklik wees (I Kor.15:52). Nou, soos Paulus verklaar, het ons hierdie skat (die goddelike verstand) in erdekruike, maar op die regte oomblik sal hierdie skat in ‘n heerlike kruik wees, die geestelike liggaam, wat heeltemal van pas sal wees. | |
Spiritual
natures have a wider range of faculties than the human. |
Ons
het gesien dat die \menslike natuur ‘n gedaante van die geestelike is
(Gen.5:1). Byvoorbeeld, as God ‘n wil het, so ook het die mense en die
engele. God het die vermoë om te redeneer, en geheue; so ook het Sy
verstandige skepsels – die engele en die mense. Die karakter van die
verstandelike proses in ieder geval is dieselfde. Met dieselfde data om oor te redeneer, en onder soortgelyke omstandighede, sal hierdie uiteenlopende nature bekwaam wees om tot dieselfde beslissings te kom. Al is die verstandelike vermoëns van die goddelike, die engelagtige en die menslike nature soortgelyk, tog weet ons dat die geestelike nature vermoëns het wat groter en buite die bereik is van die menslike. Hierdie magte, soos ons redeneer, is as gevolg van die wyer omvang van dieselfde vermoëns en die verskillende omstandighede waaronder hulle opereer, en nie van verskillende vermoëns nie. Die menslike natuur is die volmaakte aardse afbeelding van die geestelike natuur, omdat hulle dieselfde bevoegdhede besit, maar die bevoegdhede van die menslike natuur is tot die aardse omvang beperk, en alleenlik wanneer God dit goeddink – as dit tot voordeel en geluk van die mens sal wees – sal God toelaat dat die bekwaamheid en ingesteldheid verder as dit kan sien. |
|
We catch only glimpses of the divine wisdom, power and goodness. |
Die
goddelike is die hoogste orde van die geestelike natuur, en hoe onmeetbaar
is die afstand tussen God en Sy skepsels! Ons is by magte om maar net ‘n
vlugtige blik van die heerlikheid van die goddelike wysheid, mag en goedheid
op te vang terwyl Hy veroorsaak dat sommige van Sy magtige werke in
panoramiese beskouing by ons verby beweeg. Tog mag ons die heerlikheid van volmaakte menslikheid meet en begryp. Met hierdie gedagtes duidelik voor ons, is ons by magte om te waardeer hoe die verandering van die menslike tot die geestelike natuur bewerkstellig word – naamlik deur dieselfde verstands-vermoëns na die hoër omstandighede oor te dra. Wanneer ons deur die hemelse liggaam beklee word, sal ons die hemelse magte wat aan daardie verheerlikte liggaam behoort, besit, en ons sal die omvang van gedagte en die bestek van mag wat daaraan behoort, besit. Die verandering of transformasie van die verstand, van aards na hemels, wat die toegewydes hier ondervind, is die begin van daardie verandering van natuur. Dit is nie ‘n verandering van die brein nie, ook nie ‘n wonderwerk in sy veranderde werksaamhede nie, maar dit is die wil en aanleg van die verstand wat verander word. Ons wil en sentimente verteenwoordig ons selfheid. Om hierdie rede, wanneer ons wil en sentimente so verander word, word ons getransformeer, en as eintlik eiendom van die hemelse natuur bereken. Waarlik, dit is maar ‘n baie klein begin, maar ‘n verwekking, soos hierdie benoem word, het altyd as klein begin. Tog is dit die onderpant, of versekering, van die afgehandelde werk (Efes.1:13,14). |
|
A change of
nature does not cause a loss of identity.
|
Sommige het gevra, “Hoe sal ons onself ken, wanneer ons verander is? Hoe sal
ons dan weet dat ons dieselfde wesens is wat geleef en gely het, en wat
opgeoffer het sodat ons deelnemers aan hierdie heerlikheid kan wees? Sal ons
dieselfde welbewuste wesens wees?” Versekerlik, Ja! As ons saam met
Christus gesterf het, sal ons saam met Hom lewe (Rom.6:8). Veranderings wat
daagliks in ons menslike liggame gebeur veroorsaak nie dat ons die verlede
vergeet of ons ons identiteit sal verloor nie.[2]
|
|
|
Hierdie gedagtes sal ons miskien help om ook te verstaan hoe die Seun, toe
Hy van ‘n geestelike tot ‘n menslike toestand verander het – tot die
menslike natuur en aardse beperkings –‘n man was. Alhoewel Hy in albei
gevalle dieselfde wese was, onder die eerste toestand was Hy geestelik, en
onder die tweede toestand was Hy menslik. Omdat die twee nature afsonderlik
en bepaald is, en tog is die een ‘n weergawe van die ander, daarom het albei
nature dieselfde verstandelike vermoëns (geheue, bv.), in gemeen. Daarom kon Jesus Sy vorige heerlikheid, wat Hy voor Hy mens geword het, besit het, realiseer. Sy woorde is bewys daarvan. Joh 17:5 “En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.” Die heerlikheid waarvan Hy gepraat het was die geestelike natuur. En daardie gebed is ten volle beantwoord in Sy huidige verheffing tot die hoogste vlak van geestelike wese – die goddelike natuur. |
|
You who are
consecrated, to which influences are you submitting? "...Be ye transformed." |
Om
weer na Paulus se woorde te verwys, let ons op dat hy nie “Moenie jouself
aan hierdie wêreld gelykmaak nie, maar verander jouself in die goddelike
gedaante” gesê het nie. Wat hy wel gesê het was, “En
word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander ….”
Dit
is goed uitgedruk, want ons kan onsself nie verander of vervorm nie. Wat ons
wel doen is of onsself te onderwerp om deur die wêreldse invloede aan die
wêreld gelyk gemaak te word, met die gees van die wêreld om ons, of onsself
aan die wil van God – die heilige wil of Gees, om deur die hemelse invloede
wat deur die Woord van God uitgeoefen is, getransformeer te word, te
onderwerp.
U wat gewyd is, aan watter invloede onderwerp u uself? Die transformerende invloede lei na ‘n huidige opoffering en lyding, maar die einde is wonderbaar. As u besig is om onder hierdie transformerende invloede te ontwikkel, dan bewys u daagliks wat is die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God. Diegene van ons wat ons alles op die altaar van offerhande neergelê het, moet in gedagte hou dat, terwyl die Woord van God albei aardse en hemelse beloftes bevat, net die laasgenoemde behoort aan ons. Ons skat is in die hemel: laat ons harte ook aanhoudend daar wees. Ons roeping is nie alleenlik aan die geestelike natuur nie, maar aan die hoogste rang van die geestelike, die goddelike natuur – soveel beter as die engele (II Pet.1:4; Heb.1:4) |
|
Hierdie hemelse roeping is tot die Evangelietydperk beperk. Voor dit was dit
nooit uitgeoefen nie, en met die sluiting daarvan, sal dit ook ophou. ‘n
Aardse roeping was gemaak – alhoewel dit onvolmaak verstaan was – voor die
hemelse roeping, en ons verneem dat dit na die Evangelietydperk weer in
werking gestel sal word. Die lewe [vir diegene wat as mense herstel word] en
onsterflikheid [die prys of beloning waarna die liggaam van Christus strewe]
is albei gedurende hierdie tydperk aan die lig gebring (II Tim.1:10).
Albei die menslike en geestelike nature sal in hulle volmaaktheid heerlik
wees – maar tog onderskeidelik en apart. Die beeldskone verskeidenheid is
geen onbeduidende eienskap van die heerlikheid van God se afgehandelde werk
nie. Tog sal daar wonderbaarlike harmonie onder alle dinge – lewendig en
leweloos – wees: harmonie tussen mekaar en met God.
|
|